Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oorkom uitdagings om TB te beveg
Outeur: The Discovery Foundation
Gepubliseer: 14/11/2019

Kenns is nie noodwendig mag nie.

Dít, sê  dr Donald Simon, 'n internis, mediese spesialis in longsiektes en navorser aan die Universiteit Stellenbosch, het hy uit ervaring geleer al glo hy dat opvoeding een van die sleutelstrategieë is om armoede, siektes en misdaad in Suid-Afrika te bekamp.

Met verwysing na die LoveLife MIV-voorkomingsveldtogte van die vroeë 2000's wat op tieners gerig was toe die VIGS-pandemie buite beheer geraak het, sê dr Simon dat die meeste jong mense van MIV en vigs bewus was, maar tog nie hul riskante leefwyse verander het nie.

“Dit is dieselfde met nie-oordraagbare siektes. Sommige van ons pasiënte weier om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul eie gesondheid. Soms kan geneeskunde nie presies volgens die voorskrifte beoefen word nie en dan moet jy jou benadering aanpas."

Dr Simon is verbonde aan die US se Afdeling Respiratories en is tans besig met navorsing oor die verkorting van behandeling van een van die land se grootste MIV-gedrewe moordenaars, tuberkulose, met behulp van die Academic Fellowship-toekenning wat hy van die Discovery-stigting ontvang het.

Lees die volledige artikel hier:

http://bit.ly/2qOsxzQ

(FOTO: Nabeel Meakhan - Discovery Limited)