Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Talentontwikkelingsprogram: Eerste 2-jaar siklus voltooi
Outeur: Mrs Celeste Links
Gepubliseer: 16/10/2019

Die lente-uitgawe van die Talent-ontwikkelingsprogram is gedurende die skoolvakansie in September aangebied.  Die Talent-ontwikkelingsprogram (TDP) is 'n gesamentlike projek tussen die Departement van Wetenskap en Innovasie (DWI) en die Stellenbosch Universiteit Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP). Dit is 'n gesogte residensiële en akademiese verryking intervensie wat daarop gemik is om die gaping tussen skoolverlaters en universiteite te oorbrug.

Altesaam 324 graad 12-leerders het die program bygewoon.  Die deelnemers het in 2018 by die program aangesluit en gedurende die afgelope twee jaar altesaam ses vakansiekampe bygewoon. 'n Akademies ryke program is gevolg met 'n praktykgebaseerde benadering wat deelnemers 'n geleentheid bied om met uitdagende akademie en kritiese denke om te gaan.  Aktiwiteite in die klas, in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, is aangebied deur 'n toegewyde span onderwysspesialiste.  Die program het ook ondersteuning deur toegewyde loopbaankoördineerders ingesluit en alle leerders is ondersteun met hul universiteits- en beursaansoeke.

Die lewensvaardigheidsprogram bevat 'n regstreekse uitsending van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Leer en Onderrig, met die tema "Word 'n geldwyse student".  

Deurlopende ondersteuning word ook tussen kontaksessies gelewer via die Siyavula intelligente aanlynplatform.  'n Sessie wat gefokus het op die effektiewe gebruik van die platform se eksamen voorbereidingsafdeling was ook uitgesaai na die TDP leerdergemeenskap.

Ons wens die TDP klas van 2019 sterkte toe met hul voorbereiding vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. 'n Opregte woord van dank word uitgespreek teenoor elkeen van ons vennote, die provinsiale onderwysdepartemente en die department van wetenskap en innovasie vir hul bygedraes tot die sukses van die program.