Dit is duidelik gemaak deur verteenwoordigers van die Europese Unie (EU), Europese Voedselveiligheidsbestuur (EFSA), Duitse Federale Instituut vir Risiko Assessering (BfR) en die Franse Agentskap vir Voedsel, Omgewings- en Beroepsgesondheid en Veiligheid (ANSES) dat voedselveiligheidsnavorsing en sisteme deursigtig, onafhanklik en wetenskap-gebaseer moet wees.
Die hoof punte van bespreking was:
• Die doel van ‘n effektiewe voedselveiligheidsisteem moet wees om openbare gesondheid te beskerm en te verbeter deur te verseker dat voedsel voldoen aan wetenskap-gebaseerde veiligheidstandaarde deur middel van geïntegreerde aktiwiteit deur openbare en privaat sektore.
• Risiko assessering, risiko bestuur en risiko kommunikasie moet die basis wees waarvolgens enige nuwe voedselveiligheidsmaatreëls aanvaar word.
• Belanghebbendes se betrokkenheid moet ‘n prioriteit wees wanneer risiko assesseringstrategieë ontwikkel word.
• Dit is noodsaaklik dat data deur belanghebbendes gedeel moet word.
• Metodes wat in laboratoriums gebruik word moet van internasionale standaard (ISO metodes) wees of alternatiewe metodes kan gebruik word indien hierdie metodes gevalideer is.
Deskundiges van die EFSA het wetenskaplike inligting verskaf oor 𝐿𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑖𝑎 𝑚𝑜𝑛𝑜𝑐𝑦𝑡𝑜𝑔𝑒𝑛𝑒𝑠 en die risiko aan verbruikers.
Hulle het tot die slotsom gekom dat tussen 2008 en 2015 die Listeria gevalle in die EU in twee groepe van die populasie gestyg het: mense oor 75 en vroue tussen 25 en 44 (vermoedelik hoofsaaklik swangerskap-verwant).
Gevalle van listeriose in mense in die EU het effens verhoog in 2017 waar 2,480 infeksies aangemeld is teenoor 2,509 in 2016. Die neiging was opwaarts oor die laaste vyf jaar.
Huidige gewilde voedselveiligheidsonderwerpe sluit in: antimikrobiese weerstand; voedselveiligheid van nuwe voedselprodukte; soönotiese siektes (insluitend voedseloordraagbare siektes); en chemiese kontaminasie van voedsel.