Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionale Liefdadigheidsdag
Outeur: K Rust
Gepubliseer: 20/09/2019

As deel van die Departement Genetika se media en bemarking is spesiale omgewingstemadae aangedui as 'n manier om betrokkenheid en welwees onder studente aan te moedig. Die eerste hiervan was Internasionale Liefdadigheidsdag wat die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB) in die Departement Genetika op 5 September aangebied het. Die Internasionale Dag van Liefdadigheid is in 2012 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verklaar met die hoofdoel om bewusmaking te skep en 'n gemeenskaplike platform te bied vir liefdadigheidsverwante aktiwiteite oor die hele wêreld vir individue en vrywilligersorganisasies vir hul eie doeleindes op die plaaslike, nasionale en internasionale vlak.

Alhoewel die aanvanklike inisiatief vir die dag was om versorgingspakkies vir 'n vroueskuiling in te samel, het die oorweldigende reaksie van verskeie departemente op die kampus, deur ook betrokke te raak en donasies te gee, tot skenkings vir meer as net vroue in nood gelei. Die gees van gee onder ons portuurgroep was voorwaar inspirerend. Danksy almal se bydraes kon ons 'n verskil maak in die lewe van vroue en mans in die nagskuiling in Stellenbosch, en in dié van die meisies van die Dorothea Spesiale Skool in Cloetesville.

Ons gebruik graag hierdie geleentheid om almal geluk te wens wat gehelp het om hierdie skenkingsveldtog 'n groot sukses te maak!

Charity day Article pic.png