Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuut vir AvOL 2019: Voorsmake van hoofrede-opsommings
Outeur: Thukela Bekwa
Gepubliseer: 12/09/2019

Besoek asseblief die AvOL-webwerf vir kort Voorsmake van die hoofrede-opsommings deur prof Geo Quinot (Universiteit Stellenbosch) en prof Joy Mighty (Carleton Universiteit in Ottawa). Hierdie video's gee 'n oorsig oor die tema en fokus van die hoofredes.

Die 12de jaarlikse interne Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL)-konferensie, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US), vind plaas op 29 en 30 Oktober 2019 by die Lord Charles Hotel, Somerset-Wes. Voorkonferensiewerkswinkels word op 28 Oktober 2019 aangebied.

Die konferensietema vir vanjaar is “Onderrig Maak Saak @ SU"

Prof Mighty vra: “Waarom onderrig? Waarom gee JY onderrig? Sou dit saak maak as jy nie onderrig gegee het nie? Hoe jy hierdie vrae beantwoord, kan belangrike leidrade verskaf oor die manier hoe jy onderrig gee, hoe jy met jou studente omgaan, sowel as jou persepsies oor die rol wat onderrig in jou professionele identiteit en die heersende onderrigfilosofie van jou instelling speel."

Prof Quinot stel die fokus van sy referaat as: “Hierdie aanbieding handel oor 'n samewerkende onderrig-en-leerparadigma deur die verwantskap tussen die 'JOU' en die 'ONS' in onderrig te ondersoek. Die referaat verbind individuele onderrigpraktyk aan 'n praktykgemeenskap deur middel van die Afrika-waarde van ubuntu, en besin daaroor of so 'n samewerkende paradigma straks meer gepas is vir 'n universiteit met die visie om 'Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit' te wees."

Onthou om voor die sluitingsdatum van 18 Oktober 2019 vir die konferensie te registreer.

Besoek asseblief die konferensiewebtuiste by http://www0.sun.ac.za/sotl vir registrasie en hoofredesprekers se biografieë.

Navrae: sotl@sun.ac.za