Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Besoek deur die Universiteit van Nebraska (Lincoln) aan die Fakulteit Opvoedkunde
Outeur: Prof Christa van der Walt
Gepubliseer: 27/08/2019

​Van 27 - 30 Julie het 'n span akademici en nagraadse studente die Fakulteit Opvoedkunde besoek om deel te neem aan besprekings oor nagraadse studie en die opleiding van onderwysers.  Op 27 Julie het die hele span die Nagraadse Saterdae van die Fakulteit bygewoon en prof Ted Hamann het 'n artikel gelees oor hoe 'n bietjie inligting soms groot dinge kan doen.  Op Dinsdag 30 Julie het die groep verdeel sodat een groep twee plaaslike skole kon bywoon, terwyl die ander op die kampus getoer het.  Die doel van die besoek was om die moontlikheid van verdere uitruilings en samewerking te ondersoek.

NebraskaNeelsie.jpg
Die Nebraskane het die Neelsie ondersoek!  Van links na regs: Prof Ted Hamann, Laura Hall, Samantha Thomas en Lindsey Culver-Johnson.