Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Besoek aan Micreos in Wageningen, Nederland
Outeur: Michaela van den Honert
Gepubliseer: 19/08/2019

In Julie 2019, het Kirsten Wessels (4de jaar student in v​oedselwetenskap) en Michaela van den Honert (postdoktorale genoot aan CFS) die geleentheid gehad om Micreos in Wageningen, Nederland, te besoek. Hulle het alles geleer oor bakteriofage en hoe dit gebruik kan word om voedsel op 'n natuurlike manier vir die publiek veiliger te maak.

Bakteriofage is virusse, ongeveer 100 keer kleiner as bakterieë, wat sekere bakteriese patogene, soos Listeria, Salm​​onella en E. coli, spesifiek vernietig. 

 virus.png

'n Driedimensionele-beeld​ van 'n bakteriofaag

Dit laat die normale, en dikwels voordelige, mikroflora ongeskonde, terwyl die skadelike bakterieë wat voedseldraende siektes kan veroorsaak, vernietig word. Hierdie tegnologie kan beskou word as 'natuurlik' en 'skoon etiket', aangesien die bakteriofage wat gebruik word, geïsoleer is van dié wat natuurlik in die omgewing voorkom en nie geneties aangepas is nie. Dit word tipies as ‘n water-gebaseerde oplossing voorberei en bestaan uit gesuiwerde fage en soute.

Hierdie 'faag biobeheer'-tegnologie toegepas op voedsel of in 'n voedselverwerkingsomgewing as 'n vloeibare oplossing in die vorm van 'n sproei, mis of onderdompelingsmiddel. Dit het geen nadelige effekte op die smaak, kleur, tekstuur of aroma van die voedsel nie.

Het jy geweet?

  • Bakteriofage kan ook in menslike medisyne gebruik word as alternatief vir antibiotika.
  • ​Bakteriofage kan ook gebruik word om antibiotika in veevoer te vervang, aangesien dit die dermflora van diere kan beheer, wat die behoefte aan antibiotika vir die behandeling van siektes verminder.
Leer meer oor bakertiofage by:
 ​