Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studente hier voorberei op die beroepswêreld
Outeur: Asiphe Nombewu/ Corporate Communication
Gepubliseer: 19/08/2019

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste streef daarna om die skakel tussen studente werkgewers te wees.

Die eenheid, wat in die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling gesetel is, poog om studente met die beroepswêreld in aanraking te bring deur middel van hulp met loopbaanbestuur, loopbaanontwikkelingsessies vir individue en groepe en loopbaantentoonstellings. Hulle werk ook nou saam met ander US-sentrums, departemente en fakulteit, sê die hoof van die eenheid, Marquard Timmey.

Werksessies oor die opstel van 'n CV, dekbriewe, werksoek- en onderhoudvaardighede, persoonlike bemarking en hoe om jou LinkedIn-profiel optimaal te benut, is ook ontwikkel om studente te help om om hul toekomstige loopbane te bestuur.

Studente kry ook die geleentheid om by drie loopbaantentoonstellings (die algemene, rekeningkunde- en ingenieurswese-loopbaantentoonstellings), wat jaarliks op kampus plaasvind, met potensiële werkgewers te skakel en te netwerk.

Die eenheid onderneem ook die Graduandi-bestemmingopname (of te wel die Graduate Destination Survey of GDS). “In ons jongste GDS het ons bevind dat sowat 4% van ons studente onseker is oor wat hulle na afloop van hul studies wil doen. Dit is 'n baie lae persentasie in vergelyking met die res van die land, maar ons eenheid beplan om dit selfs nog verder te laat daal."

Marquard sê een van hul grootste bekommernisse is dat baie studente te laat aan hul oorgang na die beroepslewe begin werk. “Baie van ons studente het nie toegang tot die nodige tegnologie en loopbaandienste wanneer hulle afstudeer en die universiteit verlaat nie. Sommige gegradueerdes keer terug na gebiede waar daar 'n tekort aan hulpbronne is," sê hy.

Hy moedig studente aan om die beskikbare hulpmiddele en geleenthede soos Maties Careers, 'n innoverende loopbaandienstebestuurstelsel wat aan studente gereelde loopbaanplasings verskaf om dit vir maatskappye en studente maklik te maak om met mekaar om te gaan, te gebruik terwyl hulle op universiteit is.

Studente kan hierdie webwerf gebruik om werk te soek en om aan te meld vir die eenheid se werksessies en loopbaaninisiatiewe. Maar as 230 maatskappye is reeds op die toegangspoort, wat sowat twee jaar al aan die gang is, geregistreer.

Marquard moedig ook studente aan om 'n aanlyn teenwoordigheid te hê. “Dit is veral vir werksoekers baie belangrik om hul sosialemedia-profiele skoon te maak en op te ruim. Indien jy eerder 'n inskrywing of foto van jou ouers wil weerhou, moet dit dalk nie daar wees nie, want dit is deesdae alledaags vir werwers om te kyk wat op die sosialemedia-profiele van kandidate aangaan."

Met die opkoms van die sogenaamde GIG-ekonomie, 'n arbeidsmark wat deur 'n buigbare werksmodel eerder as die tradisionele agt-tot-vyf werksdag gekenmerk word, sal studente by die veranderinge in die werksplek moet aanpas. Studente moet 'n entrepreneursingesteldheid ontwikkel; hulle moet onsekerheid kan hanteer, berekende risiko's kan neem en meer oop, ontvanklik en buigsaam wees deur nie moed te verloor wanneer hulle nie 'n permanente werk kan kry nie, sê Marquard.

Klik hier vir meer inligting oor die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste.