Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#WomenofSU: Dr Nadia Mans-Kemp
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie [Alec Basson]
Gepubliseer: 07/08/2019

Ná 25 jaar van demokrasie is daar steeds slegs 'n handjievol vroue wat as direkteure van plaaslike genoteerde maatskappye dien. Deur haar navorsing vestig dr Nadia Mans-Kemp van die Departement Ondernemingsbestuur die aandag op die behoefte aan groter geslagsgelykheid in direksies en die waarde van raadsontwikkelinginisiatiewe om die talentpoel uit te brei.

As deel van Suid-Afrika se Vrouemaandvieringe, werp sy meer lig op hoe haar werk 'n verskil in vroue se lewens maak.

Vertel ons meer van jou navorsing

My navorsing draai om onderwerpe wat met korporatiewe oorsigbestuur verband hou. Omdat die bestuursliggaam die fokuspunt van korporatiewe oorsigbestuur is, geniet die rolle, samestelling en doeltreffendheid van direkteure heelwat aandag. In samewerking met my kollega, prof Suzette Viviers, het ek die sake- en sosiale omstandighede vir geslagsongelykheid in direksies in Suid-Afrika, veral met betrekking tot genoteerde maatskappye. Aangesien geskikte, diverse direkteure dikwels in verskeie direksies dien, het ons ook die positiewe en negatiewe uitwerkings van multilidmaatskap in direksies sondersoek.

Hoe of hoekom het jy in hierdie spesifieke navorsingsveld begin belangstel?

Omdat ek glo dat gesonde oorsigbestuur noodsaaklik is vir vooruitgang in Suid-Afrika, het ek vir my doktorale studies die ondernemingsomstandighede vir korporatiewe oorsigbestuur by genoteerde maatskappye ondersoek. Daarna het ek op onderwerpe wat met direksies verband hou, gefokus, aangesien die moeilike besluite wat in die hoogste range geneem word, 'n invloed op verskeie belanghebbers het. Verbeterde monitering en vars perspektiewe op ingewikkelde onderwerpe kan die funksionering van beheerliggame aansienlik verbeter.

Hoekom dink jy is dit so 'n belangrike navorsingsveld vir Suid-Afrikaanse vroue?

Die druk is aan die toeneem om direksies te diversifiseer. Ons het verby die vrag van “hoekom moet direksies diversifiseer" gevorder na “hoe kan dit gedoen word?". Die King IV-verslag oor korporatiewe oorsigbestuur moedig genoteerde maatskappye aan om doelwitte vir geslag- en rasdiversiteit te stel. Meer navorsing is nodig om leiding te gee oor die stel en haalbaarheid van realistiese doelwitte.

Wat beskou jy as die grootste invloed van jou navorsing op vroue in die land?

Ons navorsing toon dat vroue 'n betekenisvolle positiewe bydrae tot plaaslike direksies maak. Hulle verhoog volhoubare waardeskepping. Meer vroue moet hulself bemagtig en die sprong maak om vir senior poste in hul maatskappy aansoek te doen. Die opleiding, ontwikkeling en mentorskap van direkteure speel 'n uiters belangrike rol in die uitbreiding van die plaaslike talentpoel.

Wat is jou boodskap aan die volgende generasie vrouenavorsers?

Glo in jouself: Jy kan 'n onskatbare verskil maak. Al mag dit dalk langer neem as wat jy verwag, kan jy dít waarop jy kop gesit het, bereik indien jy genoeg tyd en energie daarin belê.

Fotograaf: Stefan Els