Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AU-IBAR erkenning vir Veekundige genetikus
Outeur: Kennedy Dzama
Gepubliseer: 05/08/2019

Die Afrika-unie se diereproduksievleuel, die Interafrika Buro vir Dierehulpbronne (AU-IBAR), vereer top-dieregenetici vir hul bydrae tot 'n aantal Pan-Afrikaanse inisiatiewe en projekte oor die hele kontinent. Onder hulle was die Universiteit van Stellenbosch se eie Adjunkdekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe: Navorsing, Innovasie en Nagraadse studies, Prof Kennedy Dzama. Professor Dzama dien op die paneel van kundiges wat AU-IBAR oor aangeleenthede rakende dieregenetiese hulpbronne adviseer. Hy het baie tegniese verslae en beleidsopdragte vir AU-IBAR geskryf. Professor Dzama is 'n toonaangewende gesag oor diergenetika in suidelike Afrika via die SAOG Voedsel-, Landbou- en Natuurlike Hulpbronne en CCARDESA. Hy is tans betrokke by die ontwikkeling van die strategiese plan vir volhoubare benutting van dieregenetiese hulpbronne wat in lyn is met die Verenigde Volke se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Die hoof van AU-IBAR se projek vir genetiese hulpbronne vir diere, dr Edward Nengomasha, het in sy opmerkings tydens die toekenningsgeleentheid prof Dzama se onvermoeide pogings in sy werk ter ondersteuning van die verskillende projekte op hierdie gebied in veral suidelike Afrika en op die Afrika vasteland in algemeen genoem. Doktor Nengomasha het die nuwe benadering beklemtoon wat deur prof Dzama bepleit is, naamlik waar lewensbestaan, voedselsekuriteit en innovasie die fokus van die bestuur van die Afrika genetiese dierehulpbron is. Die toekenningsgeleentheid het saamgeval met die bekendstelling van die Official State of Farm Animal Genetic Resources in Afrika tydens 'n galadinee. Gassprekers tydens die galadinee was die Kommissaris van Landelike Ekonomie en Landbou van die Afrika-unie, H.E. Josefa Leonel Correia Sacko, en die Keniaanse minister van Landbou, Vee, Visserye en Besproeiing, Mnr Mwangi Kiunjuri. Die geleentheid is ook bygewoon deur ministers van Landbou en Veeproduksie van verskeie AU lidlande.