Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT-onderhoud: Terugvoer
Outeur: IT Communication
Gepubliseer: 22/07/2019

Gedurende die naweke van 18 Junie en 12 Julie het Informasietegnologie noodsaaklike onderhoud op verskeie stelsels en bedieners uitgevoer. In beide gevalle het ons probleme teëgekom wat veroorsaak het dat sommige stelsels en dienste nie die betrokke naweke, sowel as die daaropvolgende week, beskikbaar was nie. Hierdie onderbrekings is hoofsaaklik veroorsaak deur verouderde tegnologie en komplekse interafhanklikheid tussen stelsels wat dit moeilik maak om 100% beskikbaarheid te handhaaf.

Alle stelsels en dienste is intussen herstel en is weer aanlyn. Ons besef dat onderbrekings soos hierdie ’n direkte impak het op die produktiwiteit van en dienste aan ons personeel en studente. Alhoewel ons probeer om onderbrekings tot ’n minimum te beperk, het kompleksiteit soms onvoorspelbare resultate. Ons vra om verskoning vir die ongerief wat die aftye veroorsaak het en kan julle verseker dat ons ons bes probeer om ten alle tye die beste diens te lewer. 

Vir enige verdere navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ’n versoek aan op die ICT Partner Portal