Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Talentontwikkelingsprogram in volle swang
Outeur: Paul van Vollenhoven
Gepubliseer: 11/07/2019

Die winterweergawe van die Talentontwikkelingsprogram is van 24 tot 28 Junie 2018 by al nege provinsiale sentrums aangebied. Die Talent Ontwikkelingsprogram (TDP) is 'n gesamentlike projek tussen die Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP). Dit is 'n gesogte residensiële en akademiese verryking intervensie wat daarop gemik is om die gaping tussen skoolverlaters en universiteite te oorbrug.

 

'n Totaal van 320 Graad 12-leerders het die program bygewoon (40 per provinsie). Deelnemers het 'n akademies ryk program gevolg met meer as 32 uur toegewy aan in-klas aktiwiteite in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskappe wat deur 'n toegewyde span opvoedkundige spesialiste gelewer is. Die grondslagvaardigheidsprogram het 'n lewendige uitsending van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Leer en Onderrig ingesluit, tema - "Tydsbestuur tydens eksamenvoorbereidings", en is deur dr Sharon Malan aangebied. Die TDP Career Guidance Coordinators het elk 'n sentrum vir drie dae besoek, om deelnemers te help met loopbaanvoorligting en -navorsing, universiteitsaansoeke, beursaansoeke en algemene loopbaanontwikkelingsvaardighede. Leerders het hulpbronstelle ontvang en is warm gehou met hul nuwe "softshell" baadjies. Deurlopende ondersteuning word gelewer tussen kontaksessies via die Siyavula aanlyn platform.

 

Ons wil graag die toegewyde spanne by elke sentrum bedank vir hul volgehoue toewyding aan die sukses van die program. Ook 'n groot DANKIE aan al nege provinsiale onderwysdepartemente.