Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Matie aangewys as beste ter wêreld in AS Level-wiskunde
Outeur: Chelsea Geach, Weekend Argus
Gepubliseer: 03/06/2019

Die volgende is gebaseer op 'n artikel deur Chelsea Geach, wat in die Weekend Argus van 13 April 2019 gepubliseer is:


Rizqah Hassiem, ʾn eerstejaarstudent in aktuariële wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, is aangewys as die beste ter wêreld in wiskunde in Cambridge International se toekennings vir uitstaande leerders vir haar gevorderde bykomende vlakke (AS Levels) in matriek verlede jaar.

Die toekennings word deur Cambridge International gemaak ter erkenning van buitengewone prestasies deur leerders regoor die wêreld.

Rizqah was ʾn leerder van Reddam House Durbanville.

“Die AS-vlak wiskunde het my vir universiteitswiskunde voorberei, aangesien ons soortgelyke onderwerpe en konsepte behandel het wat nooit deur leerders in staatskole gedoen is nie,” het sy gesê.

“Dis ‘n groot opoffering, maar as jy fokus op waar jy jou in die toekoms wil bevind, motiveer dit jou.”