Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sewe stappe wat staatsbestuur in Suid-Afrika sal verbeter
Outeur: Dr Dirk Brand, SPL
Gepubliseer: 03/06/2019

Die volgende artikel deur dr Dirk Brand, buitengewone senior lektor by die Skool vir Publieke Leierskap, Universiteit Stellenbosch, is in The Conversation van 26 Mei 2019 gepubliseer:


Na afloop van die onlangse verkiesings het Suid-Afrika se nuwe nasionale regering en nege nuwe uitvoerende provinsiale strukture aan die bewind gekom. Hulle het almal ʾn reusagtige taak om uit te voer en daar kan nie sprake wees van sake soos gewoonlik nie.

Die land is by ʾn keerpunt ná nege jaar van vernietigende administrasie deur voormalige president Jacob Zuma. Dit het sterk, beginselvaste leiers in alle regeringsfere nodig om die land op koers te kry na ekonomiese groei en die verbetering van die kwaliteit van staatsbestuur.

Baie van die huidige mislukkings in staatsbestuur hou verband met korrupsie of staatskaping. Dit sluit ampsmisdrywe in staatsondernemings soos Eskom en Transnet in. Daar is ook ander ernstige bestuursprobleme in sommige nasionale regeringsdepartemente en provinsies en in die meeste munisipaliteite.