Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: 26 Maart - Dr Marina Joubert en Mnr Martin Viljoen
Outeur: Nicoline Herman
Gepubliseer: 01/04/2019

Op 26 Maart het dr Marina Joubert en mnr Martin Viljoen kragte saamgesnoer vir die aanbied van 'n Auxin-sessie getiteld Building your research profile: The rewards and risks of engaging with public audiences about your research and availing yourself to engage on other topical aspects

Auxin April.png
 

Om as wetenskaplike sigbaar te wees was die fokus van hierdie aanbieding. Martin het eerstens die voordele daarvan om jou kundigheid aan verskeie openbare gehore te kommunikeer, deur gebruikmaking van verskeie kommunikasie-instrumente en -platforms, gedeel. Hy het ook die steun wat in dié verband by die Universiteit beskikbaar is, beklemtoon.

Marina het daarna twee tydskrifartikels oor die onderwerp van effektiewe openbare betrokkenheid by ons navorsing gedeel. Sy het verantwoordelike openbare wetenskapbetrokkenheid oor alle navorsingsdissiplines heen aangemoedig en die belang van die identifisering en begrip van die faktore wat navorsers se gedrag beïnvloed, veral wat openbare kommunikasie oor hul werk betref, beklemtoon.

Al twee kollegas is vir konsultasies beskikbaar. Skakel hulle gerus vir die deel van enige resultate oor vernuwende en baanbrekersnavorsing.

Drie en twintig personeellede het die sessie bygewoon en in hul terugvoer die waarde van twee sprekers met verskillende perspektiewe op wetenskapkommunikasie uitgesonder. Deelnemers het verder aangedui hulle onderneem om meer aktief op pseudowetenskap en fopnuus te reageer en versigtiger oor hul eie sosialemediaprofiele te wees.