Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Waarom is die grondwetlike regte nie ʼn werklikheid in die land nie? - Prof Sandy Liebenberg
Outeur: Prof Sandy Liebenberg
Gepubliseer: 22/03/2019

Die realiteit vir baie Suid-Afrikaners bly een van armoede en sosiale uitsluiting. Waarom is die grondwetlike regte nie ʼn werklikheid in die land nie?

 Die redes is 'n ingewikkelde mengsel van faktore, sê prof Sandy Liebenberg, Hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch; HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregte en Visepresident: VN-Komitee oor Ekonomiese, Sosiale en Kultuurregte Departement Publiekereg aan die Fakulteit Regsgeleerdheid, in ʼn meningsartikel wat in die media tydens Menseregtedag (21 Maart 2019) verskyn het.

Liebenberg verduidelik dat Suid-Afrika nie proaktief of effektief genoeg is om 'n meer regverdige herverdeling van hulpbronne te verkry nie. Hier skiet beide openbare en private instellings tekort.

In die openbare sektor is 'n sterk, etiese en pro-armoede staatsdiens nodig om private mag doeltreffend te beheer en die herverdelingsmaatreëls wat deur die grondwet gestel word, deur te voer. Daar is egter sterk aanduidings dat private rykdom 'n onproporsionele invloed op staatsmag kry, sê Liebenberg.

Volgens haar kan die regering wanneer korrupsie verskans word, nie meer in die belang van die samelewing as geheel heers nie, veral nie vir diegene wat die meeste benadeel is nie. Sulke negatiewe ontwikkelings ondermyn die staat se vermoë om die diepliggende strukturele struikelblokke uit die weg te ruim,  wat meer regverdige verspreiding van hulpbronne in die land kan meebring.

Liebenberg gaan voort: “In die privaatsektor het baie instellings en organisasies ook versuim om die visie van die grondwet aan te gryp. Dit word geïllustreer in die jongste verslag van die Diensbillikheidskommissie, wat toon dat die private sektor nie die verlede reggestel het met betrekking tot indiensneming nie. Blanke mense verteenwoordig steeds 72,4% van dié topbestuursvlakke teenoor 10,8% vir Afrikane. Hierdie syfers is grootliks uit verhouding teenoor die proporsie van ekonomiese aktiwiteit deur die betrokke bevolkingsgroepe.

Aan die einde van die dag is die regte in die Handves van Menseregte slegs woorde op papier. Om werklike betekenis te hê, moet hulle ondersteun word deur lewende politiek wat geanker is in die grondwetlike waardes van die grondwet. Hierdie waardes is demokrasie, die gesag van die reg, aanspreeklikheid en deursigtigheid, menswaardigheid, nie-rassisme en nie-seksisme. En plaas die armes en gemarginaliseerdes in die middel van die samelewing se besorgdheid, sê Liebenberg.

Lees die volledige article van Liebenberg by https://www.iol.co.za/news/politics/opinion/humanrightsday-many-south-africans-are-still-not-enjoying-basic-rights-19875816