Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘n Ondersoek na e-Portefeuljes vir nagraadse leer: ‘n Boodskap vanaf Geneeskunde and Gesondheidswetenskappe
Outeur: Anthea Jacobs
Gepubliseer: 18/03/2019

​LEER- EN ONDERRIGSEMINAAR SEMINAR, 13 MAART 2019
in Lokaal 3008, Opvoedkunde Gebou, van 12h45 – 13h45

Me Mariëtte Volschenk, a dosent by die Universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe was die aanbieder van die Leer- en Onderrigseminaar op 13 Maart 2019. Haar navorsingsareas sluit leertegnologieë, nagraadse onderrig en studieleiding en kurrikulumvernuwing in. Sy is veral geïnteresserd in die bydraes van elektroniese portefeuljes tot studente-leer. Die titel van haar aanbieding was “'n Ondersoek na e-Portefeuljes vir nagraadse leer: 'n Boodskap vanaf Geneeskunde and Gesondheidswetenskappe". In haar aanbieding het Me Volschenk hoofsaaklik gefokus op hoe die verskeie fasette van die e-portefeulje leerproses studente se interaksies met hul ontwikkelende onderwys filosofieë ondersteun en bydra tot hul ontwikkeling as opvoedkundige vakkundiges en leiers in Gesondheidsberoepe Onderrig.

Me Volschenk het haar aanbieding afgeskop met agtergrond-inligting en konteks vir die navorsingsprojek. Daarna het sy die gehoor bekendgestel aan die sosio-kulturele leerteorie as teoretiese raamwerk vir die projek. Sy het ook die ontwerp van die program uitgelê en die ondersteuning wat studente ontvang het om hul onderwys filosofieë te ontwikkel, gedemonstreer. Daarbenewens het sy die uitdagings, slaggate en studentervarings van die intervensie bespreek. Nog 'n interessante deel van die aanbieding was die demonstrasie van die Mahara ePortefeulje-platform op SUNLearn.

Gedurende die vraag-en-antwoord-sessie was die volgende kwessies aangeraak: die tyd wat dit studente geneem het om gewoond te raak aan die tegnologie; die grootte van die groep wat ondersteuning aan studente gebied het (e-ontwerpers, mentors, ens.); en die uitdaging om studente krities te laat reflekteer.
Die aanbieder se finale opmerking was dat portefeuljes inderdaad die potensiaal het om leerders se bewustheid van hulself te ontwikkel, self-gedrewe leer te bevorder, kritiese refleksie aan te moedig en persoonlike en professionele ontwikkeling aan te help.

Die pogooi en power point aanbieding is hier beskikbaar:  http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/t-l-resources/t-l-seminars​

Vir meer inligting kontak gerus die aanbieder by mvolschenk@sun.ac.za

Die volgende Leer- en Onderrigseminaar sal op 09 Mei 2019 plaasvind.