Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘Shades of Yale’ a cappella-groep sing op Stellenbosch
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 12/03/2019

Die Kultuurkomitee (KuKo) van die Studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (US) bied eerskomende Vrydagaand, 15 Maart 2019, 'n a cappella-konsert aan in samewerking met die bekende a cappella-ensemble, Shades of Yale.

Shades of Yale, 'n ensemble wat in “musiek uit die Afrika-diaspora en Afro-Amerikaanse tradisie" spesialiseer, tree Vrydagaand om 19:30 by die Kruiskerk saam met die Universiteit Stellenbosch Sanggroep (voorheen bekend as Kukopella) op.

Dié konsert is deel van Shades of Yale se Lentetoer na Suid-Afrika en hul program sluit liedjies deur bekende kunstenaars soos Alicia Keys, Stevie Wonder, Michael Jackson en Be E King in. Die groep sê hul doelwit is om 'n “unieke, musikaal uitmuntende en geestelik verrykende ervaring by Yale-universiteit en die wêreld oor te verseker".

Die konsert is deel van 'n nuwe gemeenskapsuitreikingsprogram deur KuKo wat sy strewe beklemtoon om kunsvorms wat “plaaslik relevant, maar steeds internasionaal uitnemend is, te bevorder," aldus die voorsitter, Blaine Josephs. Josephs werk ook saam met UNASA (Verenigde Nasies Vereniging van Suid-Afrika – Stellenbosch-tak) om aan kultuur groter blootstelling in die plaaslike gemeenskap te gee deur kulturele projekte wat 'n sosiale impak het. Vervoer en kaartjies vir die konsert sal aan agtergeblewe kinders van die Legacy-ontwikkelingsentrum in Kayamandi, 'n woonbuurt van Stellenbosch, beskikbaar gestel word.

  • Kaartjies vir die konsert kos R80 indien dit voor die tyd gekoop word en sal in die Neelsie-studentesentrum beskikbaar wees of dit kan vooraf bespreek word deur 'n e-pos te stuur aan srcculture@sun.ac.za, of R100 by die deur. ​