Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Drome aan bome kan waar word
Outeur: Asiphe Nombewu/ Corporate Communication
Gepubliseer: 25/01/2019

Hoe meer jy oor jou drome praat en dit met ander deel, hoe groter kans is daar dat jou drome bewaarheid sal word. Dit is een van die redes waarom honderde kaartjies wat die handgeskrewe drome van nuwelingstudente bevat, tans oral aan bome op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) hang.

Hierdie droomkaartjies sal vir die volgende paar dae te siene wees en enigeen wat verby dit stap, is welkom om die drome te lees. Die meeste kaartjies kan in Victoriastraat gevind word. dream road banner.png

Die tema van gister (24 Januarie) se Verwelkomingsgeleentheid vir die US se nuwelingstudente by die Danie Craven-stadion was heel gepas die “Droomlansering".

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekansellier van die US, het in sy verwelkomingstoespraak gesê die geleentheid is as 'n droomlansering geadverteer en het daarom die studente genooi om met hom in gesprek te tree oor hul drome. “Kom ons gesels daaroor … jou drome as 'n student; jou drome as 'n jongmens wat nou die lewenspad as 'n volwassene begin stap. U drome as ouers en voogde en vriende en familie; u drome vir ons studente wat u graag wil sien sukses behaal sodat hulle kan vooruitgaan in die lewe.

WelcomingDreamSocial_HalloMaties2019-38.jpg

“En kom ons praat oor ons drome as Universiteit – 'n plek waar ons 'n verbintenis tot kennis en gemeenskaplike waardes deel; 'n plek waar ons vir kennis én vir mense omgee. En ons drome as 'n land, 'n vasteland, 'n planeet … die drome van 'n nasie, die drome van die mensdom. Hier word drome gekoester, word nuwe drome gebore, en kry jy die geleentheid om jou drome te bewaarheid," het hy gesê.

Nadat die nuwe Maties 'n reusagtige “2019" saam met die senior studente op die veld gevorm het, is hulle ingelyf by 'n nuwe Matie-gemeenksap waarvan hulle vir altyd deel sal bly. 

Elke studente het die geleentheid gekry om op sy of haar droom te fokus, dit op 'n kaartjie neer te skryf en dit dus op hierdie manier te deel. Die simboliek was om hul drome te laat vlamvat. Daarna het hulle het aan 'n optog van die stadion tot op die kampus in Victoriastraat deelgeneem waar hulle hul drome nog 'n stap verder geneem het deur hierdie droomkaartjies aan die bome op te hang vir almal om te sien. Dit het die begin van hul reis om hul drome te bewaarheid gesimboliseer.

Pret, musiek, dans en opwinding was alles deel van die optog. Sommige studente het gesê hulle voel nog 'n bietjie op hul senuwees oor die begin van hul nuwe lewe en weet nie wat om te verwag nie. Ander weer het hulself eenvoudig net gate uit geniet en het nie vreeslik bekommerd gelyk oor wat die toekoms vir hulle inhou nie.WelcomingDreamSocial_HalloMaties2019-50.jpg

Korporatiewe Kommunikasie het tydens die optog met 'n paar van die studente gesels.

Harriet Twessa van Malawi is 'n eerstejaar-ekonomiese bestuurswetenskap-student en het die volgende te sê gehad: “Ek wil die wêreld deurkruis en my nagraadse studies oorsee doen waar ek ook hopelik sal werk."

Die Zimbabwiese gebore Jessica Cormick het gesê: “Ek wil meer meisies aanspoor om in die wetenskap belang te stel en wetenskaplikes te word. Ek wil hê hulle moet verder kyk as die vermaaklikheidsbedryf – nie dat dit 'n slegte loopbaankeuse is nie. Miskien sal dit help om die persepsie dat wetenskap moeilik is en net vir mans bedoel is, te verander. 

Xander Henning, 'n eerstejaar-siviele ingenieurswese-student van Durbanville, het gesê hy sien daarna uit om goeie punte te kry en om akademies uit te blink.

Farouk Lwanga het al die pad van Uganda gekom om BCom Bestuurswetenskap te studeer. “Ek wil graag goed doen in my kursus en later 'n sakevrou word wat haar kennis met vriende en familie deel."

Katleho Sehloho van Johanessburg en 'n BCom Aktuariële Wetenskap-student, het gesê: “Ek wil oor die volgende paar jaar op my studies konsentreer sodat ek my drome kan realiseer om uiteindelik 'n aktuaris te word."

Mnr. Pieter Kloppers, Direkteur van Studentegemeenskappe aan die US, het die Droomlansering as reusesukses beskryf. Hulle beplan om dit 'n jaarlikse instelling te maak wat inskakel by die verwelkoming van die nuwelingstudente. 

 

 dream card.png