Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Taal en kultuur moet instrumente van versoening wees
Outeur: Rozanne Engel/Corporate Communication Division
Gepubliseer: 15/11/2018

​“Dit is uiters belangrik dat ons nie die taal wat ons praat en die kultuur wat ons leef as wapens teen mekaar gebruik nie, maar eerder as instrumente om versoening te kweek. Dit gaan nie net daaroor om van die verlede genees te word nie, maar ook oor sosiale geregtigheid en om aktiewe burgers van hoop te word."

Dit was een van die vernaamste boodskappe van dr Marlene le Roux, by die  vierde jaarlikse Russel Botman-gedenklesing in Oktober by die Adam Small Teater gelewer het. Die Russel Botman gedenklesing as een van 2018 se hoogtepunte op die Universiteit Stellenbosch (US) kalender.

Die Russel Botman-gedenklesing word deur die Fakulteit Teologie en die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie by die US en die kuratoria van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika aangebied. Hierdie lesing bring eer aan die waardes en lewe van die wyle rektor en visekanselier van die US, wat op 28 June 2014 oorlede is.

Dr Marlene le Roux, die hoof- uitvoerende beampte van die Artscape-teatersentrum in Kaapstad – sowel die eerste vrou as die eerste 'swart' persoon om hierdie pos te beklee – het ʼn humoristiese en inspirerende lesing gelewer. Sy het nie net staaltjies oor haar lang vriendskap met prof Botman gedeel nie, maar die gehoor ook uitgedaag om beter in hul daaglikse lewens te doen as ʼn voorbeeld vir toekomstige generasies.

 

Dit is noodsaaklik dat ons ʼn voorbeeld met ons dade stel, dat ons woorde met ons dade ooreenstem en dat ons dade waar is. Die erfenis van Russel Botman moet van woorde na dade oorgaan. Hy was ʼn teoloog van dade. Hy het nie gepreek sodat mense van hom moet hou nie. Hy het teologie prakties toegepas en oor politiek, armoede en ongelykheid gepreek. Hy het ʼn prediker van hoop geword," het Le Roux gesê.  

In Julie 2010 het prof Russel Botman die HOOP Projek van stapel gestuur – ʼn inisiatief wat ʼn wetenskap-vir-samelewing-strategie implementeer gemik op die aanpak en oplos van uitdagings wat uniek aan Afrika is met die gebruik van die jongste fasiliteite en kundigheid van baanbrekers op verskeie gebiede. Hierdie benadering maak voorsiening vir ʼn konfrontasie van globale uitdagings en bied ideale geleenthede vir leer, waardeur die nuwe generasie in hoopvolle leiers gevorm word.

Le Roux glo dat die HOOP Projek ʼn natuurlike uitvloeisel van prof Botman se aktivisme en sy teologie van hoop was. “Russel het sterk geglo dat daar hoop is vir miljoene mense op die Afrika-vasteland. Vir hom was hoop nie net vertroue in ʼn beter toekoms nie – dit moes geskep word en dit moes aan benadeelde gemeenskappe gebied word. Hy het beklemtoon dat die HOOP Projek die Universiteit se manier is om hierdie verantwoordelikhede gestand te doen."

Le Roux het vir talle dekades in die kunste gewerk en menigte toekennings vir haar werk ontvang, insluitende die Chevalier des Ordres et des Lettres van die Franse regering vir die bevordering van die uitvoerende kunste en die Goue Burgemeestersmedalje van die Stad Kaapstad vir die bevordering van die kunste. In haar lesing het sy ook verwys na prof Botman se liefde vir die kunste en sy geloof in die belangrike rol wat dit kan speel om die verdeling en tweedrag van die verlede te oorkom, en dat dit ʼn bevrydende rol in die hele Suid-Afrikaanse samelewing kan speel.

“Dit was Russel Botman se visie om die kategorieë wat ons verdeel en ontmenslik deur kultuur en liedere af te breek om ons vry te maak. Hy was ʼn aktivis van kultuur en het gesien dat liedere ʼn brug kan wees om die verdelings van die verlede deur menslike deernis en respek te oorkom. Ek glo Russel Botman het ʼn erfenis van hoop nagelaat, nie net as teoloog en pedagoog nie, maar ook as ʼn liefhebber en voorstaander van die kunste," het Le Roux gesê.

 

Russel Botman Beursfonds

Die ontvangers van die Russel Botman Beursfonds (RBBF), wat op 18 Oktober 2013 op Botman se 60ste verjaardag gestig is, is ook bekend gemaak. 'n Beroep is ook op donasies gemaak.

RBBF bursars.JPG
 

Die ontvangers sluit die volgende US-studente in:

  • Sandiso Sogula, derdejaar-LLB
  • Ayanda Bless, tweedejaar-Arbeidsterapie
  • Nandipha Dlamini, derdejaar-BSc AgriWetenskappe (Veekundige Wetenskappe)
  • Nomalinge Mzaza, derdejaar-LLB
  • Christina van Eck, finalejaar-BA (Taal en Kultuur).

Wyle prof Botman was geesdriftig oor die skep van geleenthede vir verdienstelike studente om toegang tot hoër onderwys te verkry. En dit is deur hierdie erfenis van prof Botman wat die US sal voortgaan om met behulp van donasies eer te bring.

Klik hier vir verdere inligting oor die RBBF en besonderhede oor hoe om te skenk.

 

Foto: Vier van die beursontvangers (links voor) staan saam met prof Nico Koopman,  prof Reggie Nel​, prof Xolile Simon , dr Beryl Botman and dr Marlene le Roux. 

Photo: Anton Jordaan


 

​