Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rollover 2019
SUNLearn 2020 Module Oorrol
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 08/11/2019

Opdatering (25/11/19)

Die oorrol proses vir 2020 is nou voltooid. Alle fasiliteerders is vir hul 2020 modules gelaai soos wat hulle in 2019 gelaai is.

Neem asb. kennis dat, aangesien hierdie modules vir volgende jaar gestel is, hulle tans in die Future kategorie in die Course Overview verskyn:

 

Vanaf 1 Januarie 2020 sal al die 2020 modules na In progress skuif en al die 2019 modules sal na Past skuif. Die 2020 modules is reads aktief en gereed om ontwikkel te work (sien die instruksies hieronder om massa inhoud te verwyder indien nodig). Indien daar enige modules vermis is, of as jy vir enige modules verkeerdelik gelaai is, stel asb. die Leertegnologieë hulptoonbank in kennis.

Studente sal outomaties gelaai word soos hulle regsitreer. Alle 2020 modules word versteek gehou tot nader aan die begin van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules sal vanaf 2 Januarie 2020 sigbaar wees).


Beste SUNLearn fasiliteerders (8/11/19)

Dit is weer sulke tyd van die jaar om 2019 af te sluit en te begin met die oorrol proses om modules vir 2020 te aktiveer. Soos tevore word alle geregistreerde 2020 modules reeds op SUNLearn geskep sonder om versoek te word. Studente word dan tydens registrasie outomaties daarvoor gelaai en dosente kan besluit of hulle van die module spasie gebruik wil maak of nie.

Ten opsigte van die inhoud:

  • Alle inhoud (behalwe Turnitin skakels) van alle geregistreerde 2019 modules word oorgedra na hul dienooreenkomstige 2020 module. Al hierdie modules word van studente versteek tot die aanvang van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules word vroeër sigbaar gemaak vir wanneer hul studente begin). Indien inhoud steeds ná die aanvang van klasse versteek moet wees (bv. in die geval van tweede semester modules), kan dit as volg gedoen word.
  • Alle personeel word vir 2020 modules gelaai soos hulle vir 2019 gelaai was.

Deur vooraf hierdie proses so te benader verwag ons om bykans die hele oorrol proses in die kortste tyd moontlik af te handel.

  • Ons is egter natuurlik daarvan bewus dat nie alle fasiliteerders die vorige jaar se inhoud oorgedra wil hê nie. In hierdie geval stel ons die volgende stappe voor om ongewensde inhoud te verwyder.
  • Indien ander modules se inhoud vereis word, bv. 2018 inhoud, in stede van 2019, kontak net die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien enige fasiliteerders gelaai of verwyder moet word, kontak net die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien ’n module se kode verander het, sal ons nie die 2019 inhoud na die nuwe 2020 kode kan oordra nie. Kontal asb. die Leertegnologieë hulptoonbank om ons in kennis te stel van enige kode veranderings.
  • Ons gaan nie nie-geregsitreerde modules oorrol nie. Versoek asb. die oorrol van hierdie modules nadat die oorrol proses afgehandel is deur die Leertegnologieë hulptoonbank te kontak.

Die proses gaan nou as volg verloop:

  1. Ons is tans besig om alle inhoud van 2019 na 2020 oor te dra.
  2. Sodra hierdie klaar is sal ons alle 2019 fasiliteerders vir die 2020 modules laai.

Elke stap in die proses sal op die SUNLearn Instrumentpaneel (Dashboard) bekendgemaak word.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za​
021 808 2222