Die Universiteit Stellenbosch se interne Akademieskap van Onderrig en
Leer Konferensie (AvOL) vind plaas tussen 28 en 30 Oktober 2019 by die Lord
Charles Hotel in Somerset Wes. Die konferensie word gehou oor twee dae, naamlik
29 en 30 Oktober, terwyl die voor-konferensiewerkswinkels op 28 Oktober
plaasvind.
Die bevestigde hoofsprekers by die konferensie is Prof Joy Mighty
(Carleton Universiteit in Ottawa) en Prof. Geo Quinot (Universiteit
Stellenbosch). (Jou) Onderrig
Maak Saak @ US is die
oorkoepelende tema van die konferensie vanjaar.
Die abstrakindieningsproses is nou oopgestel op die webwerf! Gaan gerus
na webadres www.sun.ac.za/sotl
om al die nodige inligting rondom registrasie en die indiening van
‘n abstrak te sien.
Vir enige navrae kontak sotl@sun.ac.za.