Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nagraadse studente in Wiskunde by Heidelberg Laureat-forum
Outeur: Media and communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 11/10/2018

Drie nagraadse studente in Wiskunde het die voorreg gehad om die Heidelberg Laureat-forum by te woon wat vanaf 23 tot 28 September 2018 in die geskiedkundige dorpie Heidelberg in Duitsland aangebied is.

Hierdie is 'n unieke geleentheid vir studente om met die wenners van die meeste gesogte toekennings in Wiskunde en Rekenaarwetenskape te gesels en na hulle te luister. Dit sluit in die ontvangers van die Abel-prys, die Fields-medalje en die Nevanlinna-prys in Wiskunde, asook die A.M. Turing-toekenning en die ACM-prys vir Berekening.

Sogo Pierre Sanon, Hosana Ranaivomanana en Dylan Nelson moes teen nagraadse studente vanoor die hele wêreld meeding om hierdie geleenthed te kon bywoon.

Sogo het sy MSc in Wiskunde aan die US voltooi, en is tans besig met 'n PhD in Wiskunde aan die Universiteit van Kaiserslautern in Duitsland. Sy studieleiers by die US was dr. Karin Therese-Howell en dr. Bruce Bartlett.

Dylan is tans besig met sy PhD in Wiskunde onder leiding van dr. Dirk Basson, terwyl Hosana haar MSc in Wiskunde onder dr. Bartlett doen.