Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Progressiewe module stel studente bloot aan 'volle Suid-Afrikaanse konteks'
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 09/10/2018

Wanneer iemand besluit om die mediese professie te betree, is dit belangrik vir studente in Suid-Afrika om die verskillende kontekste te begryp waarbinne hulle sal moet werk.

In Suid-Afrika se wyd-reikende bevolking, lewe party mense 'n leefstyl wat gegoed en stedelik is, terwyl ander 'n landelike en verarmde bestaan voer beide om die stedelike gebiede en in landelike gebiede. Pasiënte wat mediese hulp benodig kom uit 'n verskeidenheid van gevarieërde kontekste.

Die doel van hierdie module is om studente reg van die begin af bloot te stel aan die verskeidenheid van opsette: die module word Gesondheid in Konteks genoem, en is, vir die afgelope vyf jaar, verpligtend vir alle eerstejaarstudente in die mediese- fisioterapie- en dieetkunde-fakulteite.

Die module dek vier temas, naamlik Bio-Psigososiale Perspektiewe op Gesondheid; Instaatstellende Bevoegdhede vir Vakkundige Gegradueerdes; Etiek, die Reg en Menseregte; en Gesondheid in Konteks.

Aan die hoof van die module is dr. Marianne Unger, wat ook 'n senior lektor in Fisoterapie is – en sy stel wesenlik studente bloot aan die gesondheidsisteem as 'n geheel. Dr. Bart Willems, saam met mev. Maryke Geldenhuys is verantwoordelik vir die vierde tema van die module – Gesondheid in Konteks. Geldenhuys, 'n arbeidsterapeut, werk alreeds lank in die afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid as 'n voorgraadse koördineerder vir die MB,ChB program in Openbare Gesondheid. Willems het medies gestudeer en toe Openbare Gesondheid en is een van die konsultante wat werk in die afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid. 

Die module is geïnisieer in die jaar 2013 deur middel van die Stellenbosch Universiteit se Mediese Opvoeding Medewerkers Inisiatief nadat leiers in mediese opvoeding by die US die behoefte onder student geïdentifiseer het om vroeg al blootstelling te kry aan die gemeenskappe waarin hulle eendag sou werk.

“Die beweegrede vir die module is om studente 'n begrip te gee vir die sosiale omgewing waarin die pasiënte lewe en werk, en om ook aan hulle 'n goeie begrip te gee van die verskeie faktore wat hulle lewens beïnvloed, en wat as gevolg daarvan ook 'n effek op hulle gesondheid kon hê," het Willems in 'n onderhoud gesê.

“In die module, skakel ons die sosiale oorsake in by die siektelas in sekere gebiede, asook die hoof-siektes wat in Suid-Afrika teëgekom word. Ons kyk na hoe die gesonheidsisteem saamgestel kan word om hierdie siektelas te verminder."

“Dit stel basies studente bekend aan die soort plekke waar hulle gaan werk, en die soort pasiënte wat hulle gaan behandel," voeg Geldenhuys by. Sy voeg by dat die module student blootstel aan "die hele Suid-Afrikaanse konteks".

“Miskien het hulle grootgeword in 'n konteks waar hulle nie 'n begrip ontwikkel het vir die probleme wat mense kan ervaar nie, en ook nie vir die gesondheidsprobleme waaraan mense in hulle besondere omgewings blootgestel is nie," het Geldenhuys gesê.

Volgens Willems en Geldenhuys, teen die einde van die module, sal student 'n gemeenskap besoek – daar is 20 uitgesoekte gemeenskappe in die Wes-Kaap, waarvan party stedelik en ander landelik is – waar hulle tyd sal deurbring deur huishoudings, skole, ouetehuise, dagsorgsentrums en gesondheidsfasiliteite sal besoek.

“Die idee hiergater is om hulle letterlik in die skoene van die pasiënte, met wie hulle sal werk, te sit sodat hulle die konteks van die pasiënte kan begryp, asook party van die faktore wat bydra tot hulle siektetoestande, en om ook te sien hoe hulle die gesondheidsisteme in hulle gemeenskappe benut. Aan die einde van hierdie besoek, het die student 'n baie goeie idee oor die konteks van die pasiënte – sodat hulle nie aan hulle pasiënte dink as bloot mense met siektes nie, maar as mense met 'n konteks," verduidelik Willems.

Vokgens Unger is die module 'n gunsteling onder die student en hulle geniet dit regtig om van die kampus aft e wees. Die doel van hierdie vroeë blootstelling word dalk nie altyd waardeer so voreg in hulle opleiding nie, maar terugvoer van ouer studente dui daarop dat hierdie opvatting verander wanneer hulle die kliniese platform betree as student praktisyns.

Foto deur Sam Reinders