Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mediese student woon wêreldwye leierskapskongres by
Outeur: Sue Segar
Gepubliseer: 04/10/2018

Toe die vyfde-jaar mediese student, Mbalenhle Mngomezulu, 'n kans gevat het en 'n aanlyn aansoek ingestuur het om 'n  wêreldwye leierskapskongres by te woon, het sy geen idee gehad dat sy gekies sou word om dit by te woon nie -  en dat sy met kennis en kontakte sou terugkeer wat sy vir altyd op prys sou stel.

Mngomezulu, 'n natuurlike leier wat die onder-hoofprefek was by die Pietermaritzburg Hoërskool in KZN, het onlangs teruggekeer van Pittsburgh in die VSA waar sy die kongres bygewoon het van die Hesselbein Global Academy for Student Leadership and Civic Engagement Summit.

Sy het die aanlyn aansoek gevind terywl sy gesoek het na leierskapsprogramme, en het toe aansoek gedoen, maar het glad nie aanvaar dat sy gekies sou word nie. Sy was vreugdevol toe sy hoor dat sy gekies is om die ten-volle gedekte konferensie by te woon – en om te hoor dat die Universiteit Stellenbosch haar reiskostes sou betaal.

Mngomezulu was een van drie Suid-Afrikaners wat gekies is om die kongres by te woon by die Universiteit van Pittsburgh van 20 tot 24 Julie. 'n Totaal van 50 mense van dwarsoor die wêreld het deelgeneem.

Gedurende sy 10-jaar geskiedenis, het die  Hesselbein Global Academy netwerk gegroei tot altesaam 450 alumni vanaf 72 lande. Die vyf-dag intensiewe program het die konferensiegangers die geleentheid gegee om werkswinkels by te woon, om mentorskap te ontvang van besigheids- en regeringsleiers, en om betrokke te raak by diensprojekte van plaaslike gemeenskapsorganisasies.

“Die mentorskapspraatjies was ontsettend leersaam en dit was ongelooflik om tyd met mense van dwarsoor die wêreld deur te bring," het Mngomezulu gesê. “Ek het so baie geleer en ek besef nou hoe belangrik dit is om mentors te vind. Hulle hoef ook nie eers soveel ouer as jy te wees nie. Hulle kan mense van jou eie ouderdom wees wat hulle ondervindings kan deel."

Die diensprojek waarby die afgevaardigdes betrokke was, se naam is Rise Against Hunger, 'n nie-winsgewende inisiatief, wat daarop gemik is om 'n einde aan hongersnood te maak teen 2020. “Ons het 10 000 maaltye vir behoeftiges verpak. Tydens hierdie aktiwiteite is ek herinner aan die belangrikheid van spanwerk, en aan hoe elke individu in 'n groep 'n rol het – en watter groot dinge bereik kan word wanneer mense saamwerk, “ het Mngomezulu gesê.

Onder die vele hoogtepunte tydens die reis was om haar Colombiaanse kamermaat te leer ken, en om te leer om die salsa te dans in 'n Latyns-Amerikaanse kroeg.

“Self al het ons van verskillende plekke af gekom, was ek verstom oor die baie ooreenkomste tussen ons."

Mngomezulu sê sy was ontsettend dankbaar vir die geleentheid om die kongres te kon bywoon. “Toe ek teruggekom het, het ek geïnspireer gevoel om 'n meer dapper leier te wees en om 'n verskil te probeer maak waar ek ookal myself bevind."