Fundamentele navorsing in Kunsmatige Intelligensie en masjienlieer is noodsaaklik indien Afrika in beheer wil wees van die werklike groot idees in die wêreld.
Dit is die mening van dr. Nando de Freitas, een van die wêreld se voorste denkers in masjienleer en hoofwetenskaplike by Deepmind. Dié Suid-Afrikaner het die openingsrede van die 2018 Diepleer Indaba aangebied, wat by die Universiteit Stellenbosch vanaf 9 tot 14 September plaasvind.
Die Deep Learning Indaba is ʼn organisasie van vrywilligers wat hulself ten doel stel het om kapasiteit en eienaarskap van KI in Afrika te bou deur die skep van gemeenskappe, die ontwikkeling van leierskap en om erkenning te gee aan diegene wat in terme van hul navorsing of inisiatiewe KI in Afrika bevorder.
Dr de Freitas het gesê dit is nog steeds baie moeilik vir masjiene om voorwerpe te herken, soos in die geval van Tafelberg, of om basiese menslike aksies na te maak, soos om melk in 'n bekertjie te gooi, 'n handeling wat selfs 'n driejarige moet kan bemeester: “Harde kodering het beperkinge, en dit is werklik 'n uitdaging om masjiene sover te kry om te doen wat die mens se brein kan doen. Ons probeer dit regkry met behulp van masjienleer, maar daarvoor benodig ons massiewe groot dataversamelings. Dit vereis harde werk en vindingrykheid. Dit kan nie aangeleer word nie. 'n Mens moet dit uitwerk soos jy aangaan," het hy verduidelik.
Maar die meeste nuwe rigtings in masjienleer, soos versterkingsleer, metaleer en toesigleer, vereis fundamentele navorsing: “Fundamentele navorsing is belangrik, selfs vir Afrika. Want dit is fundamentele navorsing wat aanleiding gee tot die groot idees. Masjienleer gaan nie net oor toepassings nie. Slegs wanneer jy self in beheer is van 'n groot idee, sal jy daartoe in staat wees om toepassings te bou. Die res is leer deur fouteer en weer probeer."
Hy het ook die etiese aspekte van masjienleer beklemtoon: “Daar sal nooit in ons leeftyd etiese masjiene wees nie. Daar sal altyd 'n vorm van vooroordeel teenwoordig wees. Maar dit is noodsaaklik dat almal toegang moet hê tot die voordele wat tegnologie sal meebring," het hy afgesluit.
Die volgende spreker was Dr Mustapha Cissé, hoff van die Google Kunsmatige Intelligensie-laboratorium in Ghana, en 'n kenner op die gebied van regverdigheid, deursigtigheid en betroubaarheid in masjienleer.
Hy het gesê daar is belangrike problem in Afrika en die ontwikkelende wêreld wat deur masjienleer opgelos kan word. Maar daar is 'n inherente vooroordeel teenwoordig aangesien die probleme met bestaande dataversamelings aangespreek word: “Dit is belangrik dat ons bewus is van wat ons as die 'witman probleem' beskryf, en da tons kennis neem van die impak wat dit op 'n internasionale vlak kan hê." Hy het twee sessies oor die fundamentele beginsels van masjienleer by die Indaba aangebied.
Prof. Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, het in haar verwelkomingstoespraak gesê dat die Diepleer Indaba beslis op die regte tyd en die regte tyd plaasvind, aangesien die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie 'n nuwe witskrif gepubliseer het met die doel om Suid-Afrika vir die vierde industriële rewolusie voor te berei.
“Daar word voorspel dat die Vierde Industriële Rewolusie bestaande industrie gaan ontwrig, en 'n transformasie in produksie, bestuur en regersingstelsels te weeg gaan bring. Gaan ons hier in Afrika die tegnologiese sprong kan maak, soos wat ons 'n dekade gelede gedoen het oor landlyne tot by mobiele tegnologie? Sal Afrika en sy inwoners voordeel trek uit die nuwe wendings in Kunsmatige Intelligensie, datawetenskap en masjienleer, en terselfertyd die kontinent se spesifieke probleme aanspreek? Of laat ek herfraseer, kan ons bekostig om nié daardie sprong te maak nie?"
Die Indaba duur tot Vrydag. Van die belangrikste gebeure en aktiwiteite sluit in die oorhandiging van die Kambule- en Maathai toekennings op Woensdag, 12 September, 'n bespreking oor Kunsmatige Intelligensie en masjienleer in Afrika op Donderdag, 13 September, en die afsluitingstoespraak deur dr Jeff Dean, globale hoof van Google AI, en ʼn Google Senior Genoot op Vrydag, 14 September. Klik hier vir ʼn klankgreep oor die toekennings.
Vir onderhoude met die sprekers, kontak press@deeplearningindaba.com