Navorsers produseer kennis wat besluitnemers help om Afrika se kuslyn te beskerm.
Só het prof Francois Vreÿ van die Sekerheidsinstituut vir Staatsbestuur en Leierskap in Afrika in die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) op Donderdag (2 Augustus 2018) gesê. Hy het sy intreerede oor die onderwerp Blue security: Academic contributions to Africa's maritime security gelewer.
Vreÿ het gesê veilige oseane is kernbelangrik vir Afrika se ontwikkeling en voorspoed van samelewings, en navorsers help om organiseer en gee inhoud aan die produksie van kennis wat tot voordeel is van besluitnemers verantwoordelik vir programme en besluite om mariene onsekerheid te bekamp.
“Navorsers gebruik wetenskaplike publikasies, simposiums, geteikende projekte of lidmaatskap en aanvaarde geloofwaardigheid en kundigheid om beleidsbesluite oor maritieme sekuriteit en relevante bestuursektore te beïnvloed."
“Navorsers skep kennisprodukte wat besluitnemers help om programme wat op maritieme sekuriteit in brandpunte soos die Golf van Aden, die Golf van Guinee en ook in die waters van Suidoos-Asië gerig is te formuleer en aan te vul."
“In die verband help navorsing oor byvoorbeeld die bou van kapasiteit rakende maritieme sekuriteit regerings en hul maritieme liggame om maritieme gebiede oor ʼn langer tydperk beter te bestuur."
“Akademiese bydraes speel 'n rol deur middel van verkenning, beskrywing en verduideliking van kompleksiteite wat besluitnemers op nasionale-, streeks- en internasionale vlak in die gesig staar."
Vreÿ het bygevoeg dat sulke akademiese bydraes belanghebbendes help om ingeligte besluite te neem oor toekomstige maritieme programme, en aksies deur middel van teoretiese raamwerke soos byvoorbeeld institusionele leer vir latere verwysing en besluite te verduidelik.
Nog 'n belangrike akademiese bydrae is om inligting te orden en te stoor en te verseker dit is toeganglik vir almal, het hy gesê.
Hy het gewys op maritieme sekuriteitspublikasie wat in plekke soos piracy-studies.org by die Universiteit van Cardiff en die Universiteit van die Seychelle. Die werk in terme van oop toegang wat die Britse Akademie is ʼn verdere voorbeeld van akademiese bydraes wat ʼn belangrike rol speel. Dié werk word deur die Safe Seas-projek befonds.
“Navorsers van verskeie universiteite (insluitend die US) werk in spanne saam om spesifieke temas aan te spreek wat bydra tot praktisyns se programme en besluite rakende sekuriteit aan Afrika se kuslyn."
Vreÿ het gesê pogings om maritieme sekuriteit na te vors en beter te verstaan spruit uit die dreigende gebeure aan die kus van Afrika en akademic het ʼn verantwoordelikheid om kennisprodukte uit te brei om besluitnemers te help om Afrika se oseane op verantwoordelike en volhoubare wyse te beveilig en te gebruik.
“Maritieme misdaad is die dominante bedreiging aan die Afrika-kus, wat as seerowery, gewapende roof, aanvalle op infrastruktuur op see, onwettige visvang, besoedeling, smokkel van goedere en mense en onwettige migrasie deur kriminele sindikate manifesteer."
“Dit is misdade wat oor erkende maritieme grense strek en transnasionale netwerke insluit wat vra vir regerings wat samewerking bevorder en reguleer om oortredings hok te slaan."
Vreÿ het gesê onderlinge interaksie, nuwe vorme van ontmoeting, 'n gedeelde agenda en gesamentlike ondernemings wat deur navorsing geïdentifiseer is dien as moontlik aanwysers van 'n opkomende maritieme sekuriteitsgemeenskap op die Afrika-vasteland.
Hy meen lande moet saamwerk om Afrika se oseane te beskerm en hierdie samewerking moet die belangrike rol van navorsing erken en insluit.
- Hooffoto: Pixabay.
- Foto 1: Proff Francois Vreÿ (middel), Sam Tshehla, Dekaan van die Fakulteit Krygskunde, en Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, by die intreerede. Fotograaf: Stefan Els.
Prof Ian van der Waag van die Department Militêre Geskiedenis het ook sy intreerede op Donderdag (2 August 2018) gelewer. Hy het gepraat oor Re-thinking South Africa's military past: The curious case of Brig Gen the Hon CF Beyers.