Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Veekundige ontvang gesogte TWAS-ROSSA Streek Jong Wetenskaplike prys
Outeur: Cletos Mapiye
Gepubliseer: 19/06/2018

​Dr Cletos Mapiye, ʼn senior lektor in die Departement Veekundige Wetenskappe aan Stellenbosch Universiteit, het onlangs ʼn toekenning van die Wêreld Akademie vir Wetenskap vir die Sub-Sahara Afrika Streekskantoor (TWAS-ROSSA) ontvang, wat jong wetenskaplikes vir hulle bydrae tot landbou en voedselveiligheid in 2017 erken. Die prys bestaan uit ʼn sertifikaat met 'n verwysing na die wenner se wetenskaplike prestasies, asook ʼn kontant prys van 2000 Amerikaanse dollar. Die prys word toegeken aan uitstaande jong wetenskaplikes wat ʼn beduidende bydrae lewer tot navorsing, ontwikkeling en kapasiteitbou om die volhoubaarheid van voedsel- en landbousisteme, voedselveiligheid en armoede verligting in ontwikkelende lande te verbeter. Die tema van die pryskategorie val onder die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsplan se Doel #2, wat strewe na die beëindiging van hongersnood, strewe na voedselveiligheid, beter voeding en bevordering van volhoubare landbou. Dit val ook binne die eerste prioriteitsdoelwit van die Wetenskap-, Tegnologie- en Innovasie Strategie vir Afrika (STISA) 2024, wat die uitroei van honger en vestiging van voedselsekuriteit behels. Die prys is amptelik oorhandig tydens ʼn Voedselsekerheid- en Beleid Werkswinkel, want van 11-13 April 2018 in Johannesburg plaasgevind het.