Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inwyding van die Afrikadag-lesingreeks: Sosiale samehang in Suid-Afrika is moontlik
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 25/05/2018

“Teen die tyd dat swart en wit Suid-Afrikaners op die ouderdom van 18 universiteit toe gaan, is hulle kop klaar deurmekaargekrap. Die skool wat hulle bygewoon het; die huis waarin hulle opgegroei het; die kerk, moskee of sinagoge waar hulle aanbid het – dit beïnvloed of hulle erg sukkel met sosiale samehang, om klaar te kom met mense wat nie soos hulle lyk of bid nie of nie hulle taal praat nie ... en of hulle gemakliker met ander kan omgaan."

Dit was die woorde waarmee prof Jonathan Jansen die eerste Afrikadag-lesing aan die Universiteit Stellenbosch (US) gisteraand begin het. Prof Wim de Villiers, SU Rektor en Visekanselier, het prof Jansen aan die woord gestel deur hom te beskryf as Buitengewone Professor in Opvoedkunde aan die US, President van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, President van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) en ʼn akademikus wat onder die land se produktiefste skrywers gereken word.

Die onderwerp van die lesing was: “Kan skole 'n inklusiewe Afrika-identiteit bou? Op die spoor van veranderings in die rassedemografie van skole sedert 1994". Volgens prof Jansen is vaste patrone van desegregasie nou, 20 jaar na apartheid, sigbaar. Hierdie patrone gee 'n aanduiding van die vooruitsigte vir sosiale samehang in Suid-Afrika.

Hy waarsku dat jongmense nie eenvoudig saamgegooi kan word en dan van hulle verwag kan word om oor die weg te kom nie. Hulle moet gelei en opgevoed word oor hoe om saam te leef. Prof Jansen glo dit is maklik om jongmense se denke te verander.

 

Mense met selfone klik hier.

By dieselfde okkasie het prof De Villiers die US Afrikadag-lesingreeks bekendgestel as 'n jaarlikse institusionele geleentheid om Afrikadag te vier. Hy het beklemtoon dat die US steeds 'n belangrike rol gaan vervul in samewerking ter wille van hoër onderwys, veral navorsing in Afrika.

Volgens prof De Villiers is die Universiteit reeds by meer as 400 aktiewe projekte betrokke, saam met 600 vennote uit Afrika in 42 lande op die vasteland. Hy het ook verwys na die waardevolle werk wat die Sentrum vir Samewerking in Afrika ('n eenheid binne Stellenbosch Internasionaal) verrig.

“Ons is 'n Afrika-universiteit. Dit is so dat ons in Afrika geleë is, maar dit is óók so dat ongeveer 14% van ons studentekorps uit 117 lande wêreldwyd afkomstig is, en dat 56% van ons internasionale studente uit Afrikalande buite Suid-Afrika kom," het hy gesê.

Afrikadag herdenk die totstandkoming van die Organisasie vir Afrika-eenheid – die voorloper van die Afrika-unie – in 1963. Die US vier daarbenewens ook Afrika-universiteitedag, op 12 November, om die stigting te gedenk van die Genootskap van Afrika-Universiteite (AAU) – waarvan die US lid is – in 1967.

 

Fotos: Mense wat die Afrika Dag bygewoon het. Kunstenaar Wilken Calitz en sanger Devonecia Swartz het by die geleentheid opgetree nadat Prof Pumla Gobodo-Madikizela (Navorsingsvoorsitter in Historiese Trauma en Transformasie) in gesprek getree het en vrae beantwoord het oor die onderwerp van Prof Jansen se lesing. 

Fotos and video: Stefan Els

AfricaDayLecture2018-30.jpgAfricaDayLecture2018-95.jpg
AfricaDayLecture2018-62.jpgAfricaDayLecture2018-47.jpg