Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stemme uit die beroep gee raad aan onderwysstudente
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 17/05/2018

Die Departement Kurrikulumstudies aan die Universiteit Stellenbosch het onlangs verskeie onderwysers en hoofde genooi om onderwysstudente in hul finale jaar toe te spreek oor: “Klaskamerkommunikasie: insigte uit die beroep." 

Die doel van die sessie was om stories met die studente-onderwysers te deel van hoe die sprekers, as onderwysers en hoofde, prosesse van kommunikasie by hul skole bevorder – alles daarop gemik om 'n gesonde omgewing te skep wat onderrig ondersteun. 

“Ons wil hê die studente moet die stemme uit die beroep hoor sodat hulle die uitdagings, strukture en prosesse met betrekking tot die bevordering van kommunikasie op alle skoolvlakke kan verstaan," het prof. Maureen Robinson, akademiese koördineerder van praktiese onderrig in die Fakulteit Opvoedkunde, gesê.        

"Ons het vir stories gevra oor uitdagings sowel as moontlikhede; wat die onderwysers doen om positiewe kommunikasie tussen leerders, professionele kommunikasie, en produktiewe kommunikasie met die breër omgewing, te vestig." 

Al die sprekers het met oorgawe gepraat en het bewys gelewer van hul verbintenis en toegewydheid tot hul leerders, dikwels onder moeilike omstandighede. Van die raad wat hulle met die Nagraadse Onderwysertifikaat (NOS)- en BEd-studente in hul vierde jaar gedeel het, was: 

  • Onderwys gaan oor die skep en handhawing van verbintenisse; moet nooit die waarde van aangesig-tot-aangesig-gesprekke onderskat nie.
  • Wees oop en eerlik en kommunikeer wanneer jy sukkel; dit is nie 'n swakheid nie.
  • Wees voorbereid en professioneel; onhou jy is 'n rolmodel.
  • Leerders kommunikeer op verskillende maniere – formeel/informeelverbaal/nieverbaalken jou leerders, verstaan wat hulle aanspoor en let op wanneer hulle verander.