Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departement aan die “voorpunt van akademiese evolusie” in genetika
Outeur: Jorisna Bonthuys
Gepubliseer: 14/05/2018

Navorsers verbonde aan die Fakulteit van AgriWetenskapp​e help baan die weg vir genetiese navorsing en die toekomstige toepassings daarvan, plaaslik én internasionaal.

Dit is die siening van Willem Botes wat onlangs (4 Mei) ’n gedenklesing getiteld “Die temming van oorerflikheid: ’n verhaal van akademiese evolusie” as deel van die fakulteit se eeufeesvierings op kampus gelewer het.

In sy lesing het Botes bestek opgeneem van ’n honderd jaar van genetiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die bydraes van diegene wat gehelp het om hierdie verandering in akademiese navorsing te bewerkstelligBotes is die navorsingsleier van die US se Planteteeltlaboratorium in die Departement Genetika 

Die departement is ’n eeu gelede gevestig in 1918 as deel van die destydse Stellenbosse Landbou-kollege aan die buitewyke van die dorp. Destyds, onder leierskap van Prof. J.H. Neething, was die fokus op planteteelt om landbou in die streek te bevorder. Sedertdien het talle ander wetenskaplikes gehelp om die US te vestig as ’n sentrum van uitnemendheid vir teling en genetiese navorsing.

Daar was ’n evolusie in die US se genetiese navorsingfokus, uitsette en opleiding, asook ’n ontploffing wat betref wetenskaplike kennis en die toepassing daarvan die afgelope eeu,” het Botes gesê. “Voorts het die departement se werksaamhede die afgelope eeu ontwikkel vanaf hoofsaaklik plant- en diereteling tot ’n fokus op molekulêre genetika, genomika en plantbiotegnologie. Die departement se personeel en studentekorps het ook aansienlik gegroei.” 

Menslike genetika is in 1989 by die leerplan gevoeg en dit word beskou as een van die vernaamste veranderings wat die navorsings- en onderrigfokus in die departement die afgelope eeu beïnvloed het.

Die departement fokus tans op plant-, dier- en mensgenetika. Dit sluit in navorsing in kwantitatiewe genetika (teling en biometrie), asook molekulêre en bevolkingsgenetika. Die departement se navorsing geniet wye toepassing in die landbousektor, in die bewaring en bestuur van biodiversiteit en medisyne.

“In menslike genetika word ’n verhaal van groeisamewerking en ’n Afrika-fokus bespeur,” het Botes gesêDeesdae fokus navorsing op die identifisering en molekulêre samestelling van gene betrokke in psigiatriese toestande, asook onder meer die farmakologiese toepassings daarvan wat betref die behandeling van siektetoestande. Dit sluit in navorsing oor bevolkingsgenetika om die onderliggende komplekse genetiese faktore van unieke bevolkings in Suider-Afrika beter te begryp. 

In diergenetika word navorsing gedoen op onder meer mariene hulpbronne en lewende hawe. Dit sluit in studies om die genetiese diversiteit en bevolkingsdinamika van spesies beter te begryp. Die departementele navorsingsgroep gemoeid met molekulêre en bevolkingsdinamika fokus op molekulêre bevolkingsgenetika en kwantitatiewe genetika. Dit het onder meer toepassings in die bewaring van biodiversiteit, visserybestuur, die bestuur van insekte en plae, dier- en planteteling, akwakultuuur en forensiese navorsing. 

Navorsing is ook onderweg in plantgenetika en biotegnologie om virusweerstandigheid te ontwikkelkoringteelprogramme uit te bouin graangenomikaom vrugteteling te bevorder asook die interaksie tussen plante en insekte beter te verstaan. 

“Die departement se navorsers is steeds aan die voorpunt van kultivar-ontwikkeling vir die toekoms, onder meer met behulp van sy graan- en rogteelprogramme. Hoewel die departement plaaslik ’n sleutelrol vervulbly dit ook internasionaal mededingend. Dit is van sleutelbelang om soorte tegnologie te omarm,” het hy gesê. 

Die uitdagings van kosproduksie wêreldwyd sal onder meer tegnologiese ontwikkelings en die daarstel van toepaslike gewasse in landbou meebring te midde van klimaatstoestande wat deurentyd verander. Terselfdertyd ontsluit nuwe ontwikkeling nog vrae en geleenthede vir genetiese navorsing, het hy verduidelik. Biotegnologie, genomika en genetiese verbeterings word onder meer reeds gebruik om kosgewasse te verbeter. Die departement is ook deurentyd besig om sy onderrig en navorsingsvermoëns op te skerp. 

“Die departement se evolusie is ook ’n verhaal van groei, samewerking en die strewe na akademiese voortreflikheid,” het hy gesê. Genetiese studies help ontsluit die snel groeiende wêreld van wetenskaplike geleenthede en toepassings in ons alledaagse lewe.  

Sedert die beginjare is die departement aan die voorpunt van navorsing en onderrig. Dit is ’n trotse nalatenskap waarop ons kan voortbou.”


Foto's: Anton Jordaan