Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ingenieurswese Winterweek
Outeur: Liesel Koch
Gepubliseer: 25/04/2018

Sien, hoor en ervaar wat dit is om 'n ingenieur te wees by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese Winterweek (vir Graad 11 en 12-leerders) wat van 1 tot 6 Julie 2018 gehou word. Hier sal al jou vrae beantwoord word oor die ingenieursberoep en die Fakulteit Ingenieurswese se graadprogramme. Jy sal ook geleentheid kry om die week in 'n Universiteitskoshuis tuis te gaan.

Die program is opwindend! Deur die dag sal jy luister na interessante praatjies deur ingenieurs en dosente en sal jy die Fakulteit se goed-toegeruste laboratoria besoek. In die middag sal jy leersame uitstappies na nywerhede meemaak. Saans is daar prettige sosiale vermaak. Die ingenieur in jou sal uitgedaag word deur 'n ingenieursprojek wat in spanverband gedoen word.

Die koste vir die week beloop R2 700 per persoon en sluit alle maaltye, verblyf en vervoer tydens die Winterweekprogram in.

Maak gou! Daar is 'n beperkte aantal plekke beskikbaar.

Meer inligting:

http://www1.sun.ac.za/winterweek/index.php

E-pos: winterweek@sun.ac.za

Tel: 021 808 4203

Kry jou aansoekvorm hier.

Foto: Leerders se vernuf word getoets met 'n uitdagende ingenieursprojek wat in spanverband gedoen word.