Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tweede gradeplegtigheid-seremonie: Erkenning van twee fakulteite se baanbrekerswerk.
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 20/03/2018

Die baanbrekerswerk van die fakulteite Teologie en Ingenieurswese het erkenning ontvang by die Universiteit Stellenbosch (US) se tweede Maart-gradeplegtigheid by Coetzenburgsentrum. Eredoktorsgrade is ook by die geleentheid aan prof Musa Dube, aartsbiskop Thabo Cecil Makgoba en mnr Trueman Goba toegeken.​

 


Mense wat die video op hul selfone wil kyk, klik hier.​

 


Mense wat die video op hul selfone wil kyk, klik ​hier​

 


Mense wat die video op hul selfone wil kyk, klik ​hier​​

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit, het in sy verwelkoming gesê omdat die gradeplegtigheid in die US se Eeufeesjaar plaasvind, is dit 'n waarlik historiese gebeurtenis. Hy het die gehoor ook daaraan herinner dat die Fakulteit Teologie amptelik in 1920 gestig is, en die Fakulteit Ingenieurswese in 1944.

“Ons gedenk vanjaar ons honderdjarige bestaan en vier 'n eeu van groot prestasies en baanbrekerontdekkings. Ons verleen erkenning aan elkeen wat hierdie instelling help vorm het. Terselfdertyd erken die Universiteit sy bydrae tot die onreg van die verlede en is die instelling verbind tot regstelling en ontwikkeling," het hy gesê.​

“Ons Fakulteit Teologie is onder die voorste 100 teologiese instellings ter wêreld op die QS-universiteitswêreldranglys volgens vakgebied, wat dit een van slegs drie teologiese instellings op die Afrikavasteland maak om hierdie prestasie te behaal. Die transformasie-impak van die Fakulteit blyk duidelik daaruit dat 57% van die studente wat vandag kwalifikasies ontvang, uit voorheen benadeelde groepe kom. En die insluiting van studente van verskillende kerkverbande dui op die Fakulteit se inklusiewe benadering."

“Ons Fakulteit Ingenieurswese doen op sy beurt ook uitstekende werk met 'n positiewe impak op die samelewing. Dit is byvoorbeeld die tuiste van die nasionale hoofkantoor van die TRAC SA-program, wat hulpbronarm hoërskole met wetenskap- en tegnologieonderrig help. TRAC-fasiliteerders werk daagliks met meer as 10 000 leerders in 110 hoërskole landwyd. Die leerders wat deur TRAC ondersteun word, presteer ook beter in hulle skooleksamens," het De Villiers gesê.

Altesaam 13 eredoktorsgrade word vanjaar as deel van die Eeufeesaktiwiteite toegeken. “Die ontvangers van ons eredoktorsgrade vergestalt nie net die graduandi-eienskappe wat ons by ons studente probeer inskerp nie, maar ook die kenmerke waarmee ons graag ons tweede eeu as 'n toonaangewende universiteit wil betree," het De Villiers gesê.

By die plegtigheid het die ontvangers van die eredoktorsgrade 'n geleentheid ontvang om die gaste toe te spreek.​

​"Ek is vereer en nederig om 'n eredoktorsgraad van so 'n gerespekteerde universiteit op hierdie stadium in sy geskiedenis te ontvang," het Dube gesê.

Aartsbiskop Makgoba​, het gesê: "As jy (US) op hierdie manier met transformasie voortgaan, kan 'n Matie eendag die president van Suid-Afrika word."

"Die kennis en vryheid wat ons vandag geniet, help ons om regstreeks of onregstreeks rykdom in ons land te skep," het Goba gesê.​


​Om Prof De Villiers se here toespraak te lees, klik hier.

Om meer van die ontvangers van die 13  eregrade te wete te kom, klik hier