Die Safe Seas Projek word deur die British Academy befonds. 'n Beste praktyke handleiding is op 2 Maart 2018 in Nairobi bekendgetel. Deelnemende universiteite was: Cardiff en Bristol universiteite waar die primêre navorsers van die projek gesetel is, Universiteit Stellenbosch (SIGLA), Nairobi Universiteit en Universiteit van Seychelles in Victoria. SIGLA het 9-10 Desember 2017 'n boekbespreking vir skrywers van Cardiff, Bristol, Nairobi, Seychelles, Stellenbosch, Pakistan, Somalië en Djibouti gefassiliteer. Die boek verskyn teen die middel van 2018. Die beste praktyke handleiding bied 'n reeks voorstelle vir lande wat sukkel om hul maritieme landskap te beveilig. Sien http://www.safeseas.net/safeseas-best-practice-toolkit-published/ Die boek gee 'n teoretiese oorsig van veiligheid en kapasiteitsbou op see, asook verskeie gevallestudies van lande in veral die Westelike Indiese Oseaan. SIGLA het prof Christian Bueger, projekleier, vir 2 maande gehuisves om die beste praktyke handleiding te voltooi en die bekendstelling van stapel te stuur.