Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#helloMaties - Het jou leesvaardighede opknap nodig?
Outeur: Korporatiewe Kommunuikasie / Rozanne Engel
Gepubliseer: 31/01/2018

​Indien jy sukkel met lees, begrip en leer, besoek gerus die Leeslaboratorium waar bekwame deskundiges jou sal help om jou leesvaardighede te verbeter.

Die US se Leeslaboratorium bied 'n verskeidenheid dienste, soos werkswinkels in leesvaardigheidontwikkeling, een-op-een konsultasies, lees en leer ondersteuningsgroepe en 'n rekenaarspoedleesontwikkelingsprogram wat jou sal help om dié probleem te bowe te kom.

Dit staan alle studente en personeel van die US ook vry om van die gratis konsultasies wat die Leeslaboratorium bied, gebruik te maak.  Die konsultasies sal advies verskaf oor hoe om jou akademiese leesvaardighede te verbeter.  Die doel van die Leeslaboratorium is om aan studente die nodige bystand te bied sodat hulle leesvaardighede ten volle kan ontwikkel, wat dan uiteindelik studiesukses sal meebring.

Die Leeslaboratorium bied ook hulp aan dosente wat graag hulle studente se leesvaardighede in spesifieke kursusmodules wil verbeter.

Die Leeslaboratorium is oop van:

Maandag tot Vrydag, 08:30 tot 16:00

Waar is die Leeslaboratorium?

Die Leeslaboratorium is by Kleine Bosch, Banhoekweg 44, geleë.

Vir nog inligting oor die Leeslaboratorium klik hier.