Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woorde om te onthou van die Universiteit Stellenbosch se Gradeplegtighede in Desember 2017
Outeur: Corporate Communications Division
Gepubliseer: 11/12/2017

​Die Universiteit Stellenbosch het 5 720 grade, sertifikate en diplomas op agt gradeplegtighede in Desember 2017 in die Coetzenburgsentrum toeken.  Dit is 420 meer as in Desember 2016, en 700 meer as in Desember 2015.  Die week se totaal sluit 142 doktorsgrade en 545 meestersgrade in.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, het die verwelkomingsrede op ses van die plegtighede gelewer, terwyl die Kanselier, dr Johann Rupert op twee plegtighede die verwelkoming waargeneem het.

Hier is van die aanhalings wat onthou sal word:

Prof Wim de Villiers:

  •  “Soos die 100ste keer wat 'n boom nuwe blare kry, is die Universiteit Stellenbosch se Eeufees 'n nuwe begin, en terselfdertyd erkenning van die groei, harde werk en belangrike lesse van die afgelope 100 jaar.
  • “Ons prestasies – waarvan daar heelwat was – sal ons beslis vier. Maar daar was ook ernstige uitdagings en foute. Dit is belangrik dat ons dit erken – soos ons inderdaad al gedoen het en steeds sal doen – sodat ons met die oog op ons pad vorentoe uit die verlede kan leer."

  •  “Al die toetse wat jy geskryf het, die werkopdragte wat jy afgehandel het, al daardie laboratoriumwerk en eksamens het nou op iets groots en wonderlik uitgeloop.  Indien jy met dié benadering volhou, sal jy nog groter dinge in die lewe bereik."

  •  “Vandag is die kulminasie van 'n ongelooflike reis vir ons graduandi asook die begin van nog een.  Hulle het 'n lang pad geloop, maar ongelukkig mag moeilike finansiële oorwegings sommige verhoed om die volgende fase van hulle lewe te betree.  Ons het 'n fondsinsamelingsveldtog van stapel laat loop om hulle te help om dié finale hekkie oor te steek.  Die veldtog staan bekend as #SU99.  Ons is oorweldig deur die bykans R999 999 wat dié veldtog reeds opgelewer het."

  •  “Ons eie Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word wêreldwyd vir sy uitnemendheid op verskeie terreine erken en was reeds die lanseringsplatform vir 'n aantal baanbrekende inisiatiewe.  Derhalwe sal die kwalifikasie wat ons studente vandag ontvang, hulle in staat stel om op die wêreldverhoog uit te troon. En dit – baanbrekende navorsing met maatskaplike impak – kom van personeel en studente aan die Universiteit, wat voortdurend probleme identifiseer en oplossings daarvoor soek."

  •  “Die biologiese horlosie is by menige aspekte van ons komplekse fisiologie betrokke.  'n Groot deel van ons genes word deur die biologiese horlosie gereguleer.  Dus, sedert hierdie ontdekking, het sirkadiese biologie in 'n omvangryke en dinamiese navorsingsveld ontwikkel met beduidende implikasies vir ons gesondheid en welwees – en van hierdie navorsing vind aan dié einste Universiteit plaas."

  •  “Suid-Afrikaanse skole staan voor enorme uitdagings, wat ongelukkig beteken dat sommige leerders nie die opleiding ontvang wat hulle benodig om universiteitstoelating te bekom nie.  Die talentontwikkelings en universiteitsvoorbereiding programme in ons Fakulteit Opvoedkunde is daarop ingestel om hierdie problem aan te spreek."

  • “Stellenbosch maak ook impak as die enigste universiteit in die land wat Krygskunde aanbied."

  • “Die unieke verbintenis tussen die Universiteit Stellenbosch en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) bied 'n strategiese alliansie wat tot vrede en veiligheid op ons kontinent bydra."

  • “Die Fakulteit Landbouwetenskap lewer altyd interessante PhD's op, wat gewoonlik die nuus haal – soos mens kan verwag van doktorsgrade in biltong, Karoo-lam, granate, melk en heuning ... regtigwaar! Om nie van bye en bosluise te praat nie! Dis nou navorsing met byt!"

  • Ietsie oor die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.  Die oes aan gegradueerdes is so groot dat daar selfs twee plegtighede is. "

  •  "Om aan 'n universiteit in te skryf is 'n belangrike stadium in die lewe van vele ... maar daar is dikwels beduidende struikelblokke om te oorkom.  Om met 'n gestremdheid saam te leef, is 'n uitdaging wat talle van ons studente in die gesig staar."

  •  "Die US streef daarna om te verseker dat die gestremdheid van 'n student nie 'n hindernis tot toelating is nie.  Ons het reeds in 1970 studente met gestremdhede op kampus verwelkom."

    "Ek is bly om te kan sê dat die Eenheid vir Gestremdhede in ons Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling vanjaar sy 10de bestaansjaar vier – dit is 'n dekade wat reeds probeer om die speelveld vir ons studente met gestremdhede gelyk te maak."

     
    Dr Johann Rupert:

    •            “Ons vertrou dat jou kwalifikasie vir jou groot voordele sal inhou."

•            “Vir die wat in rekeningkunde en oudit kader betrokke gaan wees, doen alles in jul vermoë om integriteit, verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid te laat seëvier, veral in die lig dat julle in die voorste linie teen oneerlikheid, korrupsie en selfverryking sal staan."

•            "Ek het nooit gesê radikale ekonomiese transformasie is diefstal nie."

•            In sy gelukwense aan nuut-gegradueerdes, het dr Rupert hulle aangemoedig om aan "radikale ekonomiese groei wat regverdig versprei word, te werk."

•            "Hou aan met studeer, want as jy ophou, sal jy agterweë bly.  Bly weetgierig en toon empatie aan jou medemens en aan Moeder Aarde.  Met empatie en weetgierigheid sal jy 'n lang pad loop. "

•            Onthou wat jy geleer het, maar vergeet dit ook alles.  Oor vyf tot tien jaar, sal byna alles wat jy nou weet, heeltemal irrelevant wees. "

As jy na die volledige toesprake wil luister, klik hier.