Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die US wen meeste pryse by jaarlikse MACE-toekennings
Outeur: Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communications
Gepubliseer: 08/12/2017

​Die Universiteit Stellenbosch (US) het die meeste pryse gewen by die jaarlikse Marketing, Advancement and Communication in Education (MACE) toekenningsgeleentheid wat op 30 November by die Johannesburgse Country Klub gehou is.

Die MACE-toekennings gee erkenning aan en vier uitnemendheid van praktisyns in die hoër onderwyssektor. Die gesogte toekensgeleentheid het deel gevorm van die MACE-kongres wat vanjaar vanaf 29 November tot 1 Desember deur die MACE-Raad en die Universiteit van die Witwatersrand aangebied is.

Uit die US se 30 inskrywings het universiteit altesaam 11 merietetoekennings, 5 toekennings vir uitnemendheid (bekend as Excellence Awards), 6 goue toekennings en 3 spesiale toekennings ontvang. Volgens dr Phumzile Mmope, Senior Direkteur: Korporatiewe Kommunikasie, is dit 'n bewys dat die universiteit se Geïntegreerde Kommunikasie Strategie en die samewerking wat dit met fakulteite en ander sleutel-afdelings bevorder, besig is om vruge af te werp.

“Ons het vanjaar, tesame met kollegas van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), Navorsingsontwikkeling asook die Afdeling Alumniverhoudinge en Ontwikkeling, inskrywings ingedien. Die toekennings wat die FGGW, Navorsingsontwikkeling en Ontwikkeling en Alumniverhoudinge gewen het, het bygedra tot die hoeveelheid toekennings wat die US gewen het. Dit is 'n groot eer vir die US om erken te word vir ons bydra tot bemarking, ontwikkeling en kommunikasie in die hoër onderwyssektor."

“Om erken te word vir ons gesamentlike talente en kennis, is 'n groot eer. Die meriete, uitnemendheids-, goue en spesiale toekennings is nie net van groot aansien of ʼn teken van uitnemendheid nie, maar ook ʼn groot hupstoot vir ons om voort te gaan om ʼn betekenisvolle bydrae te lewer, te presteer en te streef om selfs meer by die Universiteit Stellenbosch en in die sektor te bereik," het dr Mmope bygevoeg.

Ronel Bester, Strategiese Verhoudingsbestuurder by die FGGW, sê die kongres is die ideale geleentheid om lesings en werkswinkels by te woon oor die nuutste neigings in die bedryf en om praktiese raad by kenners te kry oor 'n verskeidenheid toepaslike onderwerpe. “Dit skep ook 'n uiters produktiewe geleenthede om met kollegas van ander instansies te skakel, by hulle aan te klop, raad in te win en inligting te kry oor beste praktyke.

“Dit is vir ons span baie bevredigend om in te skryf, want dit herinner ons weer aan hoekom en hoe ons kommunikasieprodukte ontwikkel is en hoe dit inskakel by ons fakulteit se strategie. Dit gee ons kans om oor ons strategie te besin, nuwe inisiatiewe uit te dink en ons werk deurlopend te verbeter. Dit is 'n voorreg om pryse te wen en erkenning te kry vir harde werk, maar ook omdat ons weet ons werk vergelyk goed met die beste plaaslike en internasionale standaarde."

MACE is n lidmaatskap-gebaseerde organisasie en vervul ʼn leierskapsrol in die hoëronderwys-, TVET en privaat-onderrigsektore in Suider-Afrika. Dit bevorder die rol wat praktisyns in bemarking, ontwikkeling en kommunikasie speel en bied hoë-kwaliteit ontwikkelingsprogramme aan en fasiliteer netwerkgeleenthede en bevorder transformasie en beste praktyk by lid-instansies.

Die toekennings is:

11 Meriete Toekennings

  • Digitale interne nuusbrief News/Nuus@StellenboschUni
  • Digitale eksterne nuusbrief Vivus (Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Algemene veldtog @StellenboschUni
  • Algemene veldtog #NolimitSU veldtog
  • Algemene veldtog #WomenofSU veldtog
  • Algemene veldtog for communicating science to the public
  • Vaardighede in skryfwerk vir 'PhD just about biltong for Maxine'
  • Vaardighede in Videografie vir die 'Rubix Cluster Mannequin Challenge'
  • FGGW Jaarlikse Publikasie 2016
  • Digitale Alumni-nuusbrief: e-Matieland
  • Homecoming / Tuiskoms: Alumni-geleentheid by die Woordfees

6 Toekennings vir Uitnemendheid

  • Universiteit Stellenbosch Geïntegreerde Jaarverslag 2016
  • Research at Stellenbosch University 2016 (Research Development)
  • Matieland 2016
  • Digitale interne nuusbrief Info@StellenboschUni
  • Digitale interne tydskrif Life/Leef@StellenboschUni
  • Skryfvaardighede vir die FGGW Jaarlikse publikasie 2016

Goue Toekennings

  • Digitale interne nuusbrief Impromptu (FGGW)
  • Skills in News Media Writing: The Smart water meter - every drop counts
  • Skills in Photography for Matieland Photos
  • Skills in Long Feature Videography: New image recognition software for white sharks
  • General campaign: Are South Africa's great white sharks heading for extinction?

Spesiale Toekennings:

  • Severus Cerff Award (recognition for outstanding performance among practitioners in Higher, Technical and Vocational Education and Training) for consistently delivering high quality entries - 11 Merit Awards, 6 Excellence Awards, 5 Gold Awards
  • Carl and Emily Fuchs Business Issue Award - for showcasing how marketing, advancement & communication professionals play a vital role in adding to the dialogue on key issues affecting society
  • Outstanding Research Award for Matieland 2016

 

 

 

​