Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste werkswinkel in Suid Afrika oor die versameling en identifisering van Collembola.
Outeur: Charlene Janion-Scheepers
Gepubliseer: 04/12/2017

As gevolg van toenemende belangstelling in hierdie geleedpotige groep, het die IPM Inisiatief by die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie ‘n werkswinkel aangebied oor die versameling en identifisering van Collembola. Hierdie swak bestudeerde groep word toenemend gebruik as model organismes in verskeie studies, van landbou en ekologiese aanwysers van grond gesondheid tot fisiologiese studies. Dr. Charlene Janion-Scheepers wat gebasseer is by die Iziko Suid Afrikaanse Museum, het die werkswinkel aangebied.

 

Deelnemers het die geleentheid gehad om twee dae in die veld te spandeer en verskeie versameling tegnieke te oefen, terwyl die ander twee dae in die laboratorium deurgebring is om vaardighede aan te leer vir die prosessering van voorbeelde en die identifisering van spesies. Deelnemers het ‘n netwerk gevorm om inligting uit te ruil en sodoende data oor die taksonomie en verspreiding van Collombola in Suid-Afrika te versprei.