Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Departementele voorsitters bevorder tot medeprofessors
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 25/10/2017

Twee departementele voorsitters in die Fakulteit Opvoedkunde – dr. Nuraan Davids, voorsitter van die Departement Opvoedingsbeleidstudie, en dr. Michael le Cordeur, voorsitter van die Departement Kurrikulumstudies – is albei vanjaar tot medeprofessors bevorder.

Dr. Davids het haar PhD in 2012 voltooi en is in 2013 as dosent aangestel. Haar primêre navorsingveld is Opvoedkunde-filosofie en haar navorsingbelangstellings sluit in: demokratiese burgerskap, Islamitiese onderwys en etiek in opvoeding.

Sy is passievol oor onderrig sowel as navorsing en beskou die twee nie as afsonderlike entiteite nie, maar eerder as twee belangrike elemente wat verweef en van mekaar afhanklik is.

“Ek voel baie geëerd. Die uitnodiging van my Fakulteit om aansoek te doen, was 'n wonderlike verrassing. Dit voel goed om te weet dat my passie en toewyding as 'n akademikus deur die universiteit erken word. My doelwitte is om betekenisvolle bydraes tot my navorsingsveld te lewer, om studente te oortuig om opnuut oor hulself en ander na te dink, en om die voorreg van onderrig te erken​​."

Dr Le Cordeur het sy PhD in 2004 voltooi en is in 2009 as dosent aangestel.

Sy hoofnavorsingsvelde sluit in taal in die onderwys, die verbetering van leesvaardighede, moedertaalonderrig en taal en identiteit.

Hy is passievol daaroor om toegang tot hoër toegang te verseker vir voorheen benadeelde studente.

“Dit is hoekom ek betrokke is by projekte soos Rachel's Angels en die Brugbou-projek (deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans). Leerders kan nie uitblink op skool as hulle nie die onderrigtaal verstaan nie, en dit lei tot allerlei probleme, byvoorbeeld leesuitdagings.

“Hierdie bevordering bevestig dat ek op die regte spoor is wat betref my navorsing én onderrigfokus. Dit voorsien ook die nodige befondsing om my navorsing oor die bogenoemde onderwerpe voort te sit en selfs uit te brei."

Prof Ronelle Carolissen, Visedekaan: Onderrig en Leer in die Fakulteit Opvoedkunde, is bevorder tot professor in die Departement Opvoedkundige Sielkunde.