Mentors is senior studente wie aangestel is in koshuise en Privaat Studente Organisasies (PSO's) om nuweling by te staan met hul aanpassing tot en oorgang na universiteitslewe. Elke nuwe student het toegang tot 'n mentor wat alreeds gedurende die verwelkomingstydperk 'n bepalende rol speel met algemene bystand met betrekking tot universiteitslewe en psigososiale ondersteuning, maar dit is uiteindelik 'n ondersteuningsnetwerk regdeur die eerstejaar van universiteit. Deur die mentor word nuwe studente bekendgestel aan die Welwees-program en neem hulle deel aan interaktiewe sessies wat klem plaas op die verskillende dimensies van welwees wat bydra tot 'n holistiese gesondheid.
Die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), as deel van die Afdeling Studentesake, het onlangs sy jaarlikse opleidingsprogram voltooi vir die nuwe hoofmentors en mentors. Die opleidingsessies van die veertig nuwe hoofmentors, wie leiding bied aan al die mentors van hul onderskeie koshuise of PSO's, was daarop gemik om 'n gemeenskaplike verstaan onder die groeplede te bou en mekaar se sterkpunte gebruik om sukses te behaal. Me Joy Petersen, die koördineerder van die Mentorprogram, sê die bedoeling is om hul emosionele intelligensie te verfyn en verstek, klem te plaas op die spanwerk en om die kuns van effektiewe kommunikasie binne hulle gemeenskappe aan te leer.
Die opleidingsprogram vir die seshonderd mentors was gefokus op die 'Luister, Leef & Leer'-model, wat deelvorm van 'n groter tema binne SSG. Die eerste sessie 'Ek Luister na Jou: Krag van Kommunikasie' was daarop gemik om spasies te skep waar studente gemaklik is om hulself uit te druk, ten einde ander die geleentheid te gee om na hul stories te luister. Die 'Ek Leer By Jou: Die Nuwe Normaal'-sessie het die mentors toegerus met die nodige vaardighede om nuwe studente in die omgewing te oriënteer – 'n omgewing wat binnekort hul nuwe 'normaal' gaan word. En die laaste sessie, 'Jy Kies Hoe Jy Wil Leef', was gemik op die Welwees-program, a sesvoudige program waaraan alle mentors en mentees deelneem, wat gefokus is op die emosionele, fisiese, intellektuele, spirituele, beroeps- en sosiale welwees van die nuwe studente.
Die doelwitte van die Welwees program is:
- Die aanspreek en verbetering van welweesveranderlikes wat 'n impak het op die akademiese prestasie van nuwelingstudente;
- Deurlopend gebruik te maak van die sisteem se dopdata om meer welweesfaktore te identifiseer wat 'n effek op akademiese prestasie mag hê;
- Individualiseer en optimaliseer die algehele ontwikkeling en ervaring van beide mentors en mentees;
- Ondersoek die moontlikheid om die program te gebruik as 'n dryfkrag om die universiteit se graduandi-eienskappe te ontwikkel en mentors toe te rus met waardevolle vaardighede vir indiensneembaarheid;
- Hou die persoonlike groei van mentors en mentees dop;
- Skep 'n florerende kampuskultuur.
Tydens die aankoms van nuwelingstudente by hul betrokke koshuise of PSO's, sal ʼn mentor aan die student toegedeel word. Indien 'n student egter nie ʼn mentor ontvang nie, of enige navrae het, kontak gerus Kliёntediens by (021) 808 9111 of info@sun.ac.za.