Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gaslesing: Prof Calie Pistorius
Outeur: Prof Saartjie Grobbelaar
Gepubliseer: 01/09/2017

Op 11 September sal Prof Calie Pistorius 'n lesing lewer oor Tegnologiese innovasie: Die bestuur van die strategiese besigheidsimpak, geleenthede en risiko's wat deur ontluikende tegnologieë gebied word.

Die lesing sal die bestuur van tegnologiese innovasie aanspreek vanuit die oogpunt van die strategiese impak, risiko's, geleenthede en bedreigings wat deur die dinamika van tegnologiese veranderinge gebied word, veral opkomende tegnologieë. Die lesing sal ondersoek hoe die dinamika van tegnologiese verandering strategiese sakegeleenthede en -risiko's skep en hoe dit bestuur kan word as deel van 'n innovasiestrategie. 'n Aantal opkomende tegnologieë sal as kort gevallestudies bespreek word.

Datum 11 September 2017

Tyd: 13: 00 tot 14: 00

Plek: Kamer 301, Meganiese en Bedryfsingenieursgebou.

Klik hier vir uitnodiging

​Biografie van prof C.W.I Pistorius

Prof Calie Pistorius, buitengewone professor in die US-Fakulteit Ingenieurswese, het onlangs DeltaHedron Bpk gestig, 'n Britse konsultasiekantoor wat spesialiseer in die bestuur van tegnologiese innovasie. Hy is 'n voormalige Visekanselier van die Universiteit van Hull (Sep 2009-Jan 2017) en voormalige Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria (Aug 2001-Aug 2009). Hy was ook die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingstegnologie (Jan 2000-Jul 2001), Direkteur van die Instituut vir Tegnologiese Innovasie (Okt 1994-Aug 1998) en Hoof van die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese (Sep 1989-Sep 1994) by Pretoria. Hy is ook 'n voormalige lid en voorsitter van die Nasionale Adviesraad vir Innovasie in Suid-Afrika.

Prof Pistorius behaal die graad BSc (Ing) (cum laude) in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria in 1979 en die graad BIng (Hons) (cum laude) in elektroniese ingenieurswese van dieselfde universiteit in 1981. Hy behaal 'n MS-graad in elektriese ingenieurswese van die Ohio State University in die VSA in 1984, 'n PhD-graad in elektriese ingenieurswese ook van die Ohio State University in 1986 en 'n meestersgraad in die bestuur van tegnologie (SM) van die MIT Sloan Bestuurskool in 1994. Hy is ook 'n alumnus Harvard Business School en het die AMP in 2003 voltooi.

Prof Pistorius het wyd, sowel nasionaal as internasionaal, gepubliseer en het meer as 100 akademiese publikasies op sy kerfstok. Hy is medeskrywer van 'n handboek wat die Bill Venter-prys verower het. Hy het talle toekennings en pryse ontvang, insluitend 'n Presidensiële (P)-gradering van die Nasionale Navorsingstigting, die prys vir die beste PhD-verhandeling van die “ElectroScience Laboratory" aan die Ohio State University en 'n Eeufeesmedalje vir Navorsingsuitnemendheid van die Universiteit van Pretoria.