Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe US-sentrum ondersteun akademieskap op die kontinent
Outeur: Amanda Tongha
Gepubliseer: 25/08/2017

Die Universiteit Stellenbosch verwelkom die aanstelling van prof Sarah Howie as direkteur van die nuutgestigte Afrika Sentrum vir Akademieskap. Prof Howie, wat die adjunkvoorsitter van die raad van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) is, sal US-inisiatiewe wat akademieskap op die kontinent bevorder help dryf.

Die Afrika Sentrum vir Akademieskap, wat binne Universiteit Stellenbosch Internasionaal geleë is, sal strategieë vir die ontwikkeling van akademieskap implementeer. Die sentrum sal die Afrika Doktorale Akademie (ADA) huisves, en so ook deelneem aan die Suider-Afrikaanse Stelselontleding Sentrum saam met die  Universiteit van die Wes-Kaap, die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van Limpopo.

As hoof van die Afrika Sentrum vir Akademieskap, sal prof Howie nou saamwerk met fakulteite om die US se voetspoor op die kontinent verder uit te brei, en so voortbou op wat die ADA sedert 2009 vermag het.

 Vir byna 'n dekade lank ondersteun, versterk en bevorder die ADA doktorale opleiding en –akademieskap op die kontinent met twee doktorale skole wat jaarliks  aangebied word. Die doktorale skole is oop vir huidige en voornemende doktorale kandidate, hul studieleiers en navorsers in die algemeen. In 2016 het die ADA gesamentlike doktorale skole by Makerere Universiteit (Uganda), die Universiteit van Malawi en die Universiteit van Ghana aangebied. Vroeër vanjaar het die ADA hul sy eerste doktorale skool in Namibië aangebied.

Prof Howie, wat voorheen as direkteur van die Sentrum vir Evaluering en Assessering (SEA) by die Universiteit van Pretoria (UP) gewerk het, het 'n lang lys kwalifikasies. As voormalige professor in die Departement Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie-onderwys aan die UP, is sy 'n NRF-gegradeerde en Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum-bekroonde navorser wat al baie navorsings- en ontwikkelingsprojekte gedoen het.  Sy is wyd internasionaal gepubliseer en was studieleier vir meer as 40 doktorale en meester studente.

Sy is een van 12 SAQA-raadslede wat deur die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding aangestel is om oorsig  te verskaf oor die ontwikkeling en implementering van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk. Sy is lid van die Universiteit Suid-Afrika toelatingskomitee en Umalusi se assesserings- en standaardekomitee wat kyk na die gehalte van die nasionale eksamens, insluitend die graad 12 nasionale senior sertifikaat. Sy is sedert 2006 lid van die Suid-Afrikaanse Wetenskapsakademie (ASSAf) en het op talle plaaslike (insluitende twee ministeriële) en internasionale wetenskaplike komitees gedien. Met haar vorige werk by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en die Stigting vir Navorsingsontwikkeling (nou die Stigting vir Navorsingsontwikkeling ) het sy ook 'n oorsig gekry gehad van navorsing en ontwikkeling in die nasionale en internasionale arena.

Prof Howie sê die Afrika Sentrum vir Akademieskap sal saam met vennootuniversiteite werk en beoog om akademieskap en die ontwikkeling daarvan op die kontinent te bevorder, ondersteun en verbeter.

"Ek sien regtig uit na die nuwe uitdaging om 'n nuwe sentrum te bestuur wat fokus op die ondersteuning en ontwikkeling van akademieskap in Afrika en vir Afrika aan die Universiteit van Stellenbosch."

Aan die stuur van die Afrika Sentrum vir Akademieskap, is van links: Diane Gahiza, Doktorale Skool koördineerder; Amalsha Galenhage, intern; prof Sarah Howie, direkteur; en Corina du Toit, programbestuurder van die ADA.

​Foto: Hennie Rudman