Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Telematiese Skole Projek is besig om van krag tot krag te gaan
Outeur: Christina Harvett
Gepubliseer: 14/02/2019

​​Die Telematiese Skole-projek het begin as 'n ingryping om die Graad 12 jaar-eindresultate van die deelnemende skole te verbeter deur die interaktiewe satelliet-uitsendings van die Universiteit Stellenbosch se Telematiese Afdeling te gebruik om aanvullende lesse uit te saai. Die projek is 'n vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Leertegnologieë en die Wes-Kaapse Departement van Onderwys, wat die diens gratis aan die leerders beskikbaar maak. Daar is tans 1100 skole landswyd, wat deel is van die projek,

Die projek het uitgebrei sedertdien die aanvanklike uitsendings in 2009 om nou 100 uitsendingsure per jaar in te sluit wat die nege kernvakke dek. Klem word gelê op die verduideliking van veral kernkonsepte en die aanspreek van probleemareas waarmee leerders in vorige eksamens klei getrap het. Al die vorige uitsendings is op DVD of geheue stokkies beskikbaar, wat van groot hulp is vir eksamenhersiening.

Tegnologie word aangewend om 'n aanlyn gemeenskap van leerders en onderwysers te skep. Die Telematiese Skole-webtuiste, www.sun.ac.za/school, vorm die kern van die projek. Elke skool het sy eie unieke gebruikersnaam en wagwoord om toegang te kry tot die vak werkboeke, die aanbieders se PowerPoint-aanbiedings en die uitsendingsrooster. Een van die redes hoekom die projek so suksesvol is, is die dinamiese interaksie wat plaasvind tussen die aanbieder, wat in die uitsaai-ateljee by die Universiteit Stellenbosch is, en die leerders wat regoor Suid Afrika via satelliet- of direkte Internetuitsendings kyk. Die leerders kan vrae vra deur die interaktiewe webblad (ite.sun.ac.za/school), per SMS (31498) of op WhatsApp (083 792 1239). Die “Telematic Schools Project" se Facebook-bladsy word gebruik om skole op datum te hou van nuwe of belangrike gebeure.

Kommunikasie tussen die Telematiese Skole Project en die verskillende skoolhoofde en vakhoofde het ook 'n hupstoot gekry, waar skole kan aansoek doen om direk nuus en belangrike inligting, deur middel van 'n lae-data mobiele toep te ontvang op hulle sellulêre telefone of rekenaars.

School Learner.png
 

Tikiso Toka Sam, Graad 12 leerder in Maluti Senior Sekondêre Skool in die Oos Kaap se Wiskunde onderwyser, Mnr. Munyatore was laasjaar die wenner van die Telematiese Skole Projek se Telematies Kampioen kompetisie.  Hy was die gelukkige wenner van 'n MNT USB Modum met 2 GB data vir 12 maande maar het gevoel 'n leerder sal meer baat daarby vind.​