Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Van Stellenbosch tot Bamberg – leierskap van die Global Global Network for Public Theology word oorhandig
Outeur: Marita Snyman
Gepubliseer: 30/06/2017

​​​Prof Wabel sal dien as voorsitter vir die volgende Global Network for Public Theology Konsultasie in 2019 in Bamberg. Dr Dion Forster, wat by Prof Nico Koopman waargeneem het as voorsitter, het die simbool van die GNPT, ‘n Indonesiese batik, by Prof Koopman in ontvangs geneem in Maart 2017. Dr Forster het dit op sy beurt seremonieel aan Prof Wabel oorhandig tydens ‘n openbare lesing, nadat hy gepraat het oor 'The (im)possibility of forgiveness? Nelson Mandela and the politics of forgiveness in South Africa'. Hierdie byeenkoms is deur vele akademici en ander belangstellendes onder andere die President van die Otto Friedrich Universität, Prof Ruppert, bygewoon. Prof Ruppert het sy steun aan die Dietrich Bonhoeffer Instituut vir Publieke Teologie beloof en ook sy tevredenheid uitgespreek oor die feit dat die GNPT by Bamberg aangebied sal word. Prof Wabel het ook die belang van die 2019 konsultasie beklemtoon, en veral hoe die kontekstuele ligging in Europa sal bedra tot die beplanning en denke oor Publieke Teologieë in verskeie globale kontekste. Hy het die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Prof Koopman en Dr Forster bedank vir hul werk tydens die aanbied van die GNPT Konsultasie in Stellenbosch in 2016. Meer besonderhede rakende die datums vir die volgende GNPT byeenkoms in Bamberg sal op die BNS se werbwerf vertoon word.

Hooffoto: Dr Dion Forster en Prof Thomas Wabel

Foto onder: Dr Dion Forster en Prof Nico Koopman