Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘n Nuwe Whatsapp Insek ID Diens word deur die GPD Inisiatief
Outeur: Janina von Diest, Marcé Doubell
Gepubliseer: 15/05/2017

Geïntegreerde plaagbestuur (GPB) strategieë is omgewingsvolhoubare en ekonomies lewensvatbare alternatiewe vir chemiese plaagdoders wat gebruik word om landbouplae in 'n holistiese, kennisgebaseerde en plaag-spesifieke wyse met minimale skadelike newe-effekte te beheer. Op die oomblik in Suid-Afrika het produsente nie toegang tot betroubare en huidige GPB informasie nie. Die SU-GPB Inisiatief gebaseer in die akademiese Departement van Bewaringsekologie en Entomologie by die Universiteit van Stellenbosch het sterk bande met die landboubefryf, en was ontwikkel om die gaping te vul.

Die SU-GPB Inisiatief, wat as 'n skakel dien tussen die akademiese omgewing en lanboubedryf en ook funksioneer as 'n onderrig- en navorsingsplatvorm vir geïntegreerde plaagbestuur (BPB) strategieë, het onlangs 'n nuwe vinnig-reagerende diens bekend gestel vir die identifikasie van insekte binne 'n twee-dae tydsbestek. Die Whatsapp™ ID diens is die nuutste toevoeging tot die Insek ID diens, en sal as 'n basiese informasie-deel sentrum funksioneer, in teenstelling met die meer omvattende verslae wat deur die Insek ID Diens voorsien word wanneer insek-monsters ingedien word. Verslae wat oor die foon gestuur word as terugvoer op die identifikasie versoek met gepaardgaande hoë kwaliteit foto's sal identifikasie tot op spesies vlak bevat asook informasie oor die insek se basiese biologie. 'n Volledige verslag oor die foto wat ingestuur was kan aangevra word, wat dan per e-pos aan die gebruiker gestuur sal word.  

Die diens is beskikbaar vir almal en foto's kan aan Dr Corey Bazelet, betsuurder van die US-GPB Inisiatief, gestuur word na +27 768067829.