Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nog twee nGAP poste vir die US
Outeur: Carmen Gabriels
Gepubliseer: 04/05/2017
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) het onlangs die implementering van Fase 3 van die nGAP-program aangekondig en twee posisies (uit 53 posisies nasionaal) is aan Stellenbosch Universiteit toegeken.   Hierdie twee posisies is aan Landbou-ekonomie en Toegepaste Wiskunde toegeken. Dit bring die totale nGAP posisies by die Universiteit Stellenbosch tot 11. 

nGAP is een van vyf programme van SSAUF (Staffing South Africa's Universities Framework) wat deur die minister van Hoër Onderwys en Opleiding in Januarie 2015 goedgekeur is. Dit is gemik op uitbreiding van die grootte en samestelling van die akademiese personeelkorps by Suid-Afrikaanse universiteite – veral wat transformasie betref . Die fokus van die program is die aanstelling van swart en bruin kandidate asook die aanstelling van vroue. 

In Fase 1 is vyf posisies in die volgende departemente aan Stellenbosch Universiteit toegeken: Anatomie en Histologie, Ekonomie, Wiskundige Wetenskappe, Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese en Maatskaplike Werk.  Tydens Fase 2 is vier posisies aan die volgende departemente toegeken: Kurrikulumstudie, Voedselwetenskap, Bedryfsingenieurswese en Radiobiologie. 

Die uitvoering van dié omvormde nGap-program behels die werwing van jong akademici as deel van 'n sesjaarprogram wat universiteite ondersteun in hul personeel en ontwikkelingstrategieë.  Daar word van dosente wat aan hierdie program deelneem verwag, om navorsing, onderrig en enige ander relevante geleenthede te onderneem,  ten einde hul bevordering as afgeronde akademici te ontwikkel.

Vir meer inligting oor die geadverteerde posisies, en/of die " New Generation of Academics Programme " (nGAP) en/of die "Staffing South Africa's Universities' Framework" (SSAUF), volg asseblief die volgende skakels:

http://www.sun.ac.za/english/careers

www.dhet.gov.za