Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Billy Boshoff besoek Bath met Newton Fund Toekenning
Outeur: Prof Billy Boshoff
Gepubliseer: 24/04/2017

Prof Billy Boshoff, van die Eenheid vir Konstruksie Materiale (UCM), Universiteit Stellenbosch, het die Universiteit van Bath besoek vir drie maande in die begin van 2017 as deel van sy navorsingsvergunning. Die titel van die samewerkingsprojek is "Die vermindering van die omgewingsimpak van beton strukture deur gebruik te maak van materiaal gevormde vesel versterkte beton." Dr John Orr van die Universiteit van Bath gaan op sy beurt vir twee maande in 2018 die UCM besoek. Hierdie projek is moontlik gemaak deur ʼn bydrae van die Newton Fund, gebaseer in die VK.

Professor Boshoff is bekend vir sy kennis van vesel versterkte beton (FRC) terwyl Dr Orr bekend is vir sy werk in die veld van materiaal gevormde beton. Materiaal gevormde beton is ʼn konstruksie metode waar materiaal gebruik word om die vormwerk vir die beton te skep. Dit maak ge-optimeerde snitte moontlik wat lei tot ʼn kleiner impak op die omgewing omdat minder materiaal gebruik word. Hierdie samewerking is oor die kombinering van FRC en materiaal gevormde beton. Klein-skaalse toetse is reeds gedoen by die Universiteit van Bath terwyl Prof Boshoff daar was en groot-skaalse toetse sal gedoen word by die UCM tydens die besoek van Dr Orr.

In ʼn ontwikkelende land kan nuwe konstruksie materiale en metodes aansienlik help met die ontwikkeling van infrastruktuur, veral as dit die gevolg het dat minder materiaal gebruik word. Hierdie samewerking gaan ook kyk na die impak van hierdie werk op die Suid-Afrikaanse navorsings gemeenskap asook die konstruksie omgewing. Dit is in lyn met die Nasionale Ontwikkelingsplan wat fokus op die ontwikkeling van die ekonomie deur middel van, onder andere, die bou van infrastruktuur.

Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Bath is amptelik sleutel-vennote en voorafgaande werkswinkels was gehou wat aanleiding gegee het tot hierdie samewerking. Hierdie werkswinkels was geborg deur beide die instellings. 

Foto: Prof Billy Boshoff by Universiteit van Bath; Klein-skaalse karakteriseerings toetse