Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Riglyne vir veiligheid oor resestye
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 07/04/2017

Studente word vriendelik versoek om ekstra waaksaam te wees tydens die reses wanneer daar baie minder beweging en aktiwiteite op kampus is.  Ongelukkig word daar heelwat diefstalle in koshuise en studentewonings na afloop van resestye by Kampussekuriteit aangemeld. 

Neem asseblief kennis van die onderstaande opgedateerde lys noodnommers vir die Stellenbosch-kampus.


Tygerberg- en Bellvilleparkkampusse: 021 938 9507

SAPD-nooodnommer: 10111.

Waardevolle items en motors

Neem waardevolle items soos skootrekenaars, radio's en kameras huis toe, eerder as om dit in die koshuis of studentewoning agter te laat.

Voertuie wat tydens die reses op die kampus agtergelaat word, moet behoorlik gesluit wees en waardevolle items moet onder geen omstandighede in voertuie gestoor word nie.

Indien jy op kampus agterbly:

Sluit deure van koshuiskamers of studentewonings wanneer jy dit verlaat, al is dit net vir 'n kort rukkie.

Binnedeure van studentehuise moet sover moontlik gesluit word.

Vensters moet toegemaak word wanneer kamers verlaat word. Vensters met diefwering moet ook toegemaak word, veral op grondvlak.

Maak ook seker dat vensters gedurende die nag toe is om te voorkom dat misdadigers ʼn venster as sagte teiken sien.

Waardevolle items moet nie naby of in sig van vensters gelaat word nie, ongeag of dit oop of toe is.

Wanneer jy op kampus rondbeweeg

Dit is altyd veiliger om saam in ʼn groep te stap. Wees bewus van op jou direkte omgewing en wees op die uitkyk vir verdagte optrede of vreemde gedrag.

As jy alleen moet stap, maak gerus gebruik van Kampussekuriteit se saamstapdiens (tel 0218084666 of via Whatsapp op 082 808 2333 vir die Stellenbosch-kampus en 021 938 9507 vir die Tygerberg-kampus)

Selfone moet sover moontlik altyd onopsigtelik aan jou persoon gedra word.

Indien jy vermoed dat jy agtervolg word, verander van rigting en stap tot by die naaste plek waar daar mense is. Skakel Kampussekuriteit se noodnommer of die SAPD by 10111 en meld dit aan