Drie dosente van
die US Departement Grondkunde: Drs. C. Clarke, A. Hardie en A. Rozanov is
genooi aan om die Wêreld Grond Dag (5 Des 2016) ronde tafel bespreking oor voedselsekuriteit
deel te neem, wat aangebied was deur die Timiriazev Landbou Akademie en
ondersteun deur die Urasien Sentrum vir Voedselsekuriteit, Wêreldbank en FAO.
Me Liesl Wiese ('n PhD-student aan die Departement Grondkunde, US) het ook die
ronde tafel bygewoon as die verteenwoordiger van die Globale Grond Vennootskap,
wat befonds word deur die FAO. Die hooffokus van die bespreking was oor die
probleme van die opleiding van grondkundiges in Afrika en Asië om die
uitdagings van grondagteruitgang en volhoubare intensivering van grondbestuur
in die gesig staar. Die Stellenbosch-aanbiedings is goed ontvang en verdere
samewerking in hierdie rigtings sal na verwagting tussen die Universiteit
Stellenbosch, ECFS, FAO en RUFORUM.
Gedurende die
Wêreld Grond Dag vierings het die grondmuseums van Wageningen (Nederland), St
Petersburg en Moskou (Rusland) hulle navorsing, data-insameling en
opvoedkundige programme vir die algemene publiek en skoliere aangebied. Die
ervaring van die voorste grondmuseums sou nuttig in die bevordering van die
Suid-Afrikaanse Terroirs, veral in wynmaak streke van die land wees.