Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
O&L-Spilpunte
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 20/02/2017

​Die fakulteit se O&L-spilpunt is 'n belangrike meganisme om goeie onderrig te bevorder en 'n kritieke massa van akademici met 'n spesifieke fokus op die kwessie van O&L op te bou. Die spilpunte het 'n sentrale fokus op onderrig wat belangstelling, energie, rigtinggewing en leierskap genereer. Die O&L-spilpunt kan verskillende vorme aanneem, afhangende van die konteks van die spesifieke fakulteit. Die O&L-spilpunte inisieer, koördineer en bevorder gereelde aktiwiteite wat belangstelling en fakulteitsontwikkeling in akademiese onderrig aankweek.  Vir meer inligting oor die O&L-Spilpunt in jou fakulteit, klik hier: 
https://docs.google.com/document/d/1lbaZutitJ6W69Hgabz3t_uUBW_VzXDcVKIUIeXXZxZo/edit?usp=sharing